Hoe beskerm Google my privaatheid en hou my inligting veilig?

Ons weet dat veiligheid en privaatheid vir jou belangrik is – en dit is ook vir ons belangrik. Ons maak dit 'n prioriteit om sterk sekuriteit te verskaf en gee jou vertroue dat jou inligting veilig en toeganklik is wanneer jy dit nodig het.

Ons werk voortdurend daaraan om sterk sekuriteit te verseker, jou privaatheid te beskerm en Google selfs meer effektief en doeltreffend vir jou te maak. Ons bestee elke jaar honderde miljoene dollar en ons neem wêreldbekende kundiges in databeveiliging in diens om jou inligting veilig te hou. Ons het ook eenvoudige privaatheid- en sekuriteit-nutsgoed geskep, soos Google Dashboard, 2-stap-verifikasie en Advertensie-instellings. So wanneer dit kom by inligting wat jy met Google deel, is jy in beheer.

Jy kan by die Google-veiligheidsentrum meer te wete kom oor veiligheid en sekuriteit aanlyn, insluitend hoe om jouself en jou gesin aanlyn te beskerm.

Kom meer te wete oor hoe ons jou persoonlike inligting privaat en veilig hou – en jou in beheer plaas.

Hoekom word my rekening met 'n land geassosieer?

Jou rekening word met 'n land (of streek) geassosieer in die diensbepalings sodat ons twee dinge kan bepaal:

  1. Die Google-geaffilieerde wat die dienste verskaf, wat jou inligting verwerk en wat verantwoordelik is vir voldoening aan toepaslike pritvaatheidswetgewing. Google verskaf gewoonlik sy verbruikerdienste deur een van twee maatskappye:
    1. Google Ireland Limited, as jy in die Europese Ekonomiese Gebied (EU-lande asook Ysland, Liechtenstein en Noorweë) of Switserland geleë is
    2. Google LLC, wat in die Verenigde State gebaseer is, vir die res van die wêreld
  2. Die weergawe van die bepalings wat ons verhouding beheer, wat kan verskil na gelang van plaaslike wetgewing

Hou in gedagte dat Google-dienste in wese dieselfde is, ongeag wie die geaffilieerde is wat die dienste verskaf of wat jou landassosiasie is.

Bepaling van die land wat met jou rekening geassosieer word

Wanneer jy 'n nuwe rekening skep, sal ons jou rekening met 'n land assosieer op grond van waar jy jou Google-rekening geskep het. Vir rekeninge wat minstens 'n jaar oud is, sal ons die land gebruik van waar jy gewoonlik toegang tot Google-dienste kry — gewoonlik waar jy die afgelope jaar die meeste tyd deurgebring het.

As jy gereeld reis, beïnvloed dit gewoonlik nie die land wat met jou rekening geassosieer word nie. As jy na 'n nuwe land trek, kan dit ongeveer 'n jaar neem voordat jou landassosiasie opdateer.

As die land wat met jou rekening geassosieer word nie met jou verblyfland ooreenstem nie, kan dit wees omdat jy in verskillende lande woon en werk, omdat jy 'n virtuele private netwerk (VPN) geïnstalleer het om jou IP-adres te versteek, of omdat jy naby 'n gebiedsgrens woon. Kontak ons as jy dink dat jou landassosiasie verkeerd is.

Hoe kan ek inligting oor myself uit Google se soekresultate verwyder?

Google-soektogresultate is 'n weerspieëling van die inhoud wat publiek-beskikbaar is op die web. Soekenjins kan nie inhoud direk van webwerwe af verwyder nie. Die verwydering van soekresultate van Google af sal dus nie die inhoud van die web af verwyder nie. As jy iets van die web af wil verwyder, moet jy die webmeester kontak van die werf waarop die inhoud geplaas is en hom of haar vra om dit te verander. Sodra die inhoud verwyder is en Google kennis geneem het van die opdatering, sal die inligting nie meer in Google se soekresultate verskyn nie. As jy 'n dringende versoek vir verwydering het, kan jy ook ons hulpbladsy vir meer inligting besoek.

Word my soeknavrae aan webwerwe gestuur as ek op Google Search se soekresultate klik?

In sommige gevalle, ja. Wanneer jy op 'n soekresultaat in Google Search klik, kan jou webblaaier ook die internetadres, of URL, van jou soekresultaatbladsy as die verwyser-URL na die bestemmingwebbladsy toe stuur. Die URL van die soekresultaatbladsy kan soms die soeknavraag bevat wat jy ingevoer het. As jy SSL Search (Google se geënkripteerde soekfunksie) gebruik, sal jou soekterme in die meeste omstandighede nie as deel van die URL in die verwyser-URL gestuur word nie. Daar is sommige uitsonderings op hierdie gedrag, soos as jy sommige minder gewilde blaaiers gebruik. Meer inligting oor SSL Search kan hier gekry word. Soeknavrae of inligting wat in die verwyser-URL vervat word, kan deur Google Analytics of 'n program-programmeerkoppelvlak (API) beskikbaar wees. Daarby kan adverteerders inligting ontvang wat verband hou met die presiese sleutelwoorde wat tot 'n advertensieklik gelei het.

Google-programme
Hoofkieslys