Hierdie is ’n geargiveerde weergawe van ons privaatheidsbeleid. Bekyk die huidige weergawe of alle vorige weergawes.

Privaatheidsbeleid

Laas gewysig: 30 Junie 2015 (kyk na geargiveerde weergawes)

Daar is verskeie maniere waarop jy ons dienste kan gebruik – om inligting te soek en te deel, om met ander mense te kommunikeer of om nuwe inhoud te skep. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur 'n te skep, kan ons daardie dienste selfs nog beter maak – om vir jou en advertensies te wys, om jou te help om of om deling met ander mense vinniger en makliker te maak. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur ’n nuwe Google-rekening te skep , kan ons daardie diens selfs beter maak – om vir jou meer relevante soekresultate en advertensies te wys, om jou te help om met mense in verbinding te tree, of om dit vinniger en makliker te maak om inligting met ander te deel. Terwyl jy van ons dienste gebruik maak, wil ons hê jy moet verstaan hoe ons inligting gebruik en op watter manier jy jou privaatheid kan beskerm.

Ons privaatheidsbeleid verduidelik die volgende:

  • Watter inligting ons insamel en waarom ons dit insamel.
  • Hoe ons daardie inligting gebruik.
  • Die opsies wat ons bied, insluitend hoe om toegang tot inligting te verkry en dit op te dateer.

Ons het probeer om dit so eenvoudig moontlik te hou, maar as jy nie vertroud is met terme soos webkoekies, IP-adresse, piekselmerkers en blaaiers nie, lees dan eers op oor hierdie sleutelterme. Jou privaatheid is vir Google belangrik, so of jy ’n gereelde of nuwe gebruiker van Google is, doen asseblief die moeite om ons praktyke te leer ken − en as jy enige vrae het, kontak ons gerus.

Inligting wat ons insamel

Ons samel inligting in om beter dienste aan al ons gebruikers te lewer – van basiese dinge soos om uit te vind watter taal jy praat tot meer komplekse dinge soos watter advertensies jy die nuttigste sal vind, watter mense vir jou die belangrikste is aanlyn of watter YouTube-video's jy dalk van sal hou.

Ons samel inligting op die volgende maniere in:

  • Inligting wat jy vir ons gee. Byvoorbeeld, baie van ons dienste vereis dat jy aansluit om 'n Google-rekening te kry. Wanneer jy dit doen, sal ons vir persoonlike inligting vra, soos jou naam, e-posadres, telefoonnommer of kredietkaart om saam met jou rekening te berg. As jy ten volle gebruik wil maak van die delingfunksies wat ons bied, kan ons jou ook vra om 'n Google-profiel te skep wat vir die publiek sigbaar is en wat jou naam en foto kan insluit.

  • Inligting wat ons deur jou gebruik van ons dienste kry. Ons samel inligting in oor die dienste wat jy gebruik en hoe jy dit gebruik, soos wanneer jy 'n video op YouTube kyk, 'n webwerf besoek wat ons adverteringdienste gebruik, of as jy ons inhoud of advertensies bekyk en daarmee handel. Hierdie inligting sluit in:

    • Toestelinligting

      Ons samel toestelspesifieke inligting in (soos jou hardewaremodel, bedryfstelselweergawe, unieke toestelidentifiseerders en selnetwerkinligting, insluitend foonnommer). Google kan dalk jou toestelidentifiseerder of foonnommer met jou Google-rekening assosieer.

    • Log-inligting

      Wanneer jy ons dienste gebruik of inhoud bekyk wat deur Google voorsien is, samel ons outomaties sekere inligting in en stoor dit in bedienerloglêers. Dit sluit in:

      • details oor hoe jy ons diens gebruik het, soos jou soeknavrae.
      • telefonie-loginligting soos jou foonnommer, gespreksgenoot se nommer, aanstuur van nommers, tyd en datum van oproepe, SMS roetebepalingsinligting en soorte oproepe.
      • Internetprotokol-adres
      • toestelgebeurtenis-inligting soos programomvalgebeure, stelselaktiwiteit, hardeware-instellings, die tipe webblaaier wat jy gebruik, taal van webblaaier, die datum en tyd van jou versoek en die verwysde URL.
      • webkoekies wat jou webblaaier of jou Google-rekening as uniek kan identifiseer.
    • Liggingdetails

      Wanneer jy Google-dienste gebruik, kan ons dalk inligting oor jou ware ligging insamel en verwerk. Ons gebruik verskeie tegnologieë om ligging te bepaal, insluitend IP-adres, GPS en ander sensors wat Google byvoorbeeld van inligting oor nabygeleë toestelle, Wi-Fi-toegangspunte en selfoontorings kan voorsien.

    • Unieke programnommers

      Sekere dienste sluit ’n unieke programnommer in. Hierdie nommer en die inligting oor jou installasie (byvoorbeeld die soort bedryfstelsel en programweergawe-nommer) kan na Google gestuur word wanneer jy daardie diens installeer of deïnstalleer, of wanneer daardie diens ons bedieners van tyd tot tyd kontak, bv. vir outomatiese opdatering.

    • Plaaslike berging

      Ons kan inligting (insluitend persoonlike inligting) plaaslik insamel en op jou toestel berg deur meganismes soos blaaier-webberging (insluitend HTML 5) en programdata-hulpgeheues te gebruik.

    • Webkoekies en soortgelyke tegnologieë

      Ons en ons vennote gebruik verskeie tegnologieë om inligting in te samel en te berg wanneer jy 'n Google-diens besoek, en dit kan insluit om webkoekies of soortgelyke tegnologieë te gebruik om jou toestel of blaaier te identifiseer. Ons gebruik ook hierdie tegnologieë om inligting in te samel en te berg wanneer jy gebruik maak van dienste wat ons aan ons vennote bied, soos adverteringdienste of Google-kenmerke wat op ander werwe kan voorkom. Ons produk Google Analytics help besighede en werfeienaars om die verkeer na hul webwerwe en programme te ontleed. Wanneer dit saam met ons adverteringdienste gebruik word, soos dié wat die DoubleClick-webkoekie gebruik, word Google Analytics-inligting deur die Google Analytics-kliënt of deur Google aan inligting oor besoeke aan veelvuldige werwe gekoppel met behulp van Google-tegnologie.

Inligting wat ons insamel wanneer jy by Google aangemeld is, kan met jou Google-rekening geassosieer word. Wanneer inligting met jou Google-rekening geassosieer word, behandel ons dit as persoonlike inligting. Besoek die Deursigtigheid en keuse-afdeling van hierdie beleid vir meer inligting oor hoe jy inligting wat met jou Google-rekening geassosieer word, kan bestuur of uitvee, of toegang daartoe kan verkry.

Hoe ons die inligting wat ons insamel, gebruik

Ons gebruik die inligting wat ons van al ons dienste af insamel om hierdie dienste te verskaf, te onderhou, te beskerm en te verbeter, om nuwe dienste te ontwikkel en om Google en ons gebruikers te beskerm. Ons gebruik ook hierdie inligting om aan jou pasgemaakte inhoud te bied − soos meer relevante soekresultate en advertensies.

Ons kan die naam wat jy vir jou Google-profiel verskaf het, vir al ons dienste gebruik wat ’n Google-rekening vereis. Daarbenewens kan ons vorige name wat met jou Google-rekening verbind word, vervang sodat jy konsekwent in al ons dienste verteenwoordig word. Indien ander gebruikers reeds jou e-pos of ander inligting wat jou identifiseer, het, kan jy vir hulle jou Google-profielinligting wat vir die publiek sigbaar is, wys, byvoorbeeld jou naam en foto.

As jy 'n Google-rekening het, sal ons dalk jou profielnaam, profielfoto en handelinge wat jy uitvoer op Google of in derdeparty-programme wat aan jou Google-rekening gekoppel is (soos +1'e, resensies wat jy skryf, en opmerkings wat jy plaas), in ons dienste wys, insluitend om dit in advertensies en ander kommersiële kontekste te wys. Ons respekteer die besluite wat jy maak om deling- of sigbaarheidsinstellings in jou Google-rekening te beperk.

Wanneer jy Google kontak, hou ons 'n rekord van jou kommunikasie om te help om enige kwessies wat jy dalk ervaar, op te los. Ons kan jou e-posadres gebruik om jou in te lig oor ons dienste, soos om jou te laat weet oor toekomstige veranderinge en verbeteringe.

Ons gebruik inligting wat van webkoekies en ander tegnologie verkry is, soos piekselmerkers, om jou gebruikerervaring en algemene gehalte van ons dienste te verbeter. Een van die produkte wat ons gebruik om dit op ons eie dienste te doen, is Google Analyics. Byvoorbeeld, deur jou taalvoorkeure te stoor, is ons in staat om ons dienste in die taal van jou keuse aan te bied. Wanneer ons vir jou gepasmaakte advertensies wys, sal ons nie 'n identifiseerder vanaf webkoekies of soortgelyke tegnologieë met sensitiewe kategorieë assosieer, soos dié wat op ras, godsdiens, seksuele oriëntasie of gesondheid gegrond is nie.

Ons outomatiese stelsels analiseer jou inhoud (insluitend e-pos) om aan jou persoonlik relevante produkkenmerke te bied, soos gepasmaakte soekresultate, gepasmaakte advertensies en die opsporing van strooipos en wanware.

Ons kan persoonlike inligting van een diens met inligting van ’n ander Google-diens kombineer, insluitend persoonlike inligting − byvoorbeeld om dit makliker te maak om dinge te deel met mense wat jy ken. Ons sal nie DoubleClick-webkoekie-inligting kombineer met persoonlike identifiseerbare inligting nie, tensy ons jou uitdruklike toestemming het. Ons sal nie DoubleClick-webkoekie-inligting kombineer met persoonlike identifiseerbare inligting nie, tensy ons jou uitdruklike toestemming het.

Ons sal jou toestemming vra voordat ons inligting vir ’n ander doel gebruik as dit wat in die privaatheidsbeleid uiteengesit is.

Google verwerk persoonlike inligting op ons bedieners in baie lande regoor die wêreld. Ons kan jou persoonlike inligting op ’n bediener verwerk wat buite die land geleë is waar jy woon.

Deursigtigheid en keuse

Mense se privaatheidsbehoeftes verskil. Ons doel is om dit duidelik te maak watter inligting ons insamel, sodat jy sinvolle keuses kan uitoefen oor hoe dit gebruik word. Byvoorbeeld, jy kan die volgende doen:

  • Besoek jou Google-rekeninggeskiedenis vir instellings wat dit vir jou moontlik maak om die insameling van persoonlike inligting vanuit Google-dienste, soos Search, YouTube en Ligginggeskiedenis, te beheer.
  • Hersien en beheer sekere tipes inligting wat aan jou Google-rekening verbind is deur gebruik te maak van Google Dashboard.
  • Bekyk en wysig jou voorkeure oor die Google-advertensies wat op Google en regoor die web aan jou gewys word, soos watter kategorieë jou dalk kan interesseer, met behulp van advertensie-instellings. Jy kan ook hier uit sommige Google-adverteringdienste onttrek.
  • Wysig hoe die profiel wat met jou Google-rekening geassosieer word, vir ander mense lyk.
  • Beheer met wie jy inligting deur jou Google-rekening deel.
  • Onttrek inligting wat met jou Google-rekening geassosieer word, uit baie van ons dienste.
  • Kies of jou profielnaam en profielfoto in gedeelde bekragtigings wat in advertensies verskyn, moet wys.

Jy kan ook jou blaaier stel om alle webkoekies te blokkeer, insluitend webkoekies wat met ons dienste geassosieer word, of om aan te dui wanneer ’n webkoekie deur ons gestel word. Dit is egter belangrik om te onthou dat baie van ons dienste dalk nie behoorlik sal funksioneer as jou webkoekies afgeskakel is nie. Byvoorbeeld, ons kan dalk nie jou taalvoorkeur onthou nie.

Inligting wat jy deel

Baie van ons dienste laat toe dat jy inligting met ander deel. Onthou dat wanneer jy inligting met die publiek deel, dit deur soekenjins geïndekseer kan word, insluitend Google. Ons dienste voorsien jou van verskillende opsies om jou inhoud te deel of te verwyder.

Kry toegang tot jou persoonlike inligting en dateer dit op

Wanneer jy van ons dienste gebruik maak, streef ons daarna om jou toegang tot jou persoonlike inligting te bied. As daardie inligting verkeerd is, streef ons daarna om jou maniere te bied om dit vinnig op te dateer of uit te vee − tensy ons daardie inligting moet hou vir geldige besigheids- of regsdoeleindes. Wanneer jy jou persoonlike inligting opdateer, kan ons jou vra om jou identiteit te bevestig voordat ons jou versoek kan uitvoer.

Ons kan dalk versoeke verwerp wat onredelik herhaal word, buitensporige tegniese inspanning vereis (byvoorbeeld, die ontwikkeling van 'n nuwe stelsel of fundamentele veranderings aan 'n bestaande praktyk), die privaatheid van ander mense bedreig, of uiters onprakties sou wees (byvoorbeeld, versoeke met betrekking tot inligting wat op ons rugsteunstelsels lê).

Waar ons toegang tot inligting en die korrigering daarvan kan verskaf, sal ons dit gratis doen, behalwe waar dit ’n uitsonderlike hoeveelheid moeite gaan verg. Ons streef daarna om ons dienste op ’n wyse te onderhou wat inligting beskerm teen toevallige of kwaadwillige beskadiging. Om hierdie rede sal ons nie dadelik oorblywende kopieë van ons aktiewe bedieners uitvee wanneer jy inligting van ons dienste uitvee nie, en ons sal dalk nie inligting van ons rugsteunbedieners uitvee nie.

Inligting wat ons deel

Ons deel nie persoonlike inligting met maatskappye, organisasies en individue buite Google nie, tensy een van die volgende omstandighede van toepassing is:

  • Met jou toestemming

    Ons sal persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google deel as ons jou toestemming het om dit te doen. Ons vereis jou goedkeuring vir die openbaarmaking van enige sensitiewe persoonlike inligting.

  • Met domeinadministrateurs

    Indien jou Google-rekening vir jou deur ’n domein-administrateur bestuur word (byvoorbeeld vir Google Apps-gebruikers), dan sal jou domeinadministrateur en herverkopers wat gebruikersteundiens aan jou organisasie verskaf, toegang tot jou Google-rekeninligting hê (insluitend jou e-pos en ander data). Jou domeinadministrateur kan in staat wees tot die volgende:

    • kyk na statistiek oor jou rekening, soos statistiek oor die programme wat jy installeer.
    • verander jou rekeningwagwoord.
    • skort op of beëindig jou rekeningtoegang.
    • verkry toegang tot, of behou, inligting wat as deel van jou rekening gestoor is.
    • ontvang jou rekeninginligting om te voldoen aan die relevante wet, regulasie, wetlike proses of afdwingbare regeringsversoek.
    • beperk jou vermoë om inligting of privaatheidinstellings uit te vee of te redigeer.

    Verwys asseblief na jou domeinadministrateur se privaatheidsbeleid vir meer inligting.

  • Vir eksterne verwerking

    Ons verskaf persoonlike inligting aan ons geaffilieerde of ander betroubare besighede of persone om dit vir ons te verwerk, gebaseer op ons instruksies en in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid en ander relevante vertroulikheids- en sekuriteitsmaatreëls.

  • Weens wetlike redes

    Ons sal persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google deel as ons in goeder trou glo dat die toegang, gebruik, bewaring of openbaarmaking van die inligting redelikerwys nodig is om:

    • te voldoen aan enige relevante wet, regulasie, wetlike proses of afdwingbare regeringsversoek.
    • die relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na die potensiële oortreding daarvan.
    • bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteits- of tegniese kwessies aan te spreek.
    • te beskerm teen benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek soos deur die wet vereis of toegelaat.

Ons kan ingewinde inligting wat nie persoonlik herkenbaar is nie, met die publiek en met ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders of verwante webwerwe. Byvoorbeeld, ons kan inligting met die publiek deel om tendense oor die algemene gebruik van ons dienste te toon.

As Google betrokke sou wees in ’n samesmelting, oorname of bateverkope, sal ons voortgaan om die vertroulikheid van enige persoonlike inligting te verseker, en aan die betrokke gebruikers kennis gee voordat persoonlike inligting oorgedra word, of onderhewig raak aan ’n ander privaatheidsbeleid.

Inligtingsekuriteit

Ons werk hard om Google en ons gebruikers te beskerm teen ongemagtigde toegang of verandering, openbaarmaking of vernietiging van inligting waaroor ons beskik. Wat ons veral doen:

  • Ons enkripteer baie van ons dienste deur SSL te gebruik.
  • Ons bied aan jou ’n tweestap-verifikasieproses wanneer jy toegang tot jou Google-rekening wil kry, en ’n veilige deurblaaifasiliteit in Google Chrome.
  • Ons hersien ons praktyk oor die insameling, berging en verwerking van inligting, insluitend fisiese sekuriteitsmaatreëls, om te waak teen ongemagtigde toegang tot ons stelsels.
  • Ons beperk toegang tot persoonlike inligting deur werknemers, kontrakteurs en agente van Google wat kennis moet dra van hierdie inligting om dit vir ons te kan verwerk, en wat onderworpe is aan streng kontraktuele vertroulikheidsvereistes en wat gedissiplineer of afgedank kan word as hulle nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

Wanneer hierdie privaatheidsbeleid van toepassing is

Ons privaatheidbeleid is van toepassing op al die dienste wat deur Google Inc. en sy geaffilieerdes aangebied word, insluitend YouTube, en dienste wat op ander werwe gebied word (soos ons advertensiedienste), maar sluit dienste uit wat aparte privaatheidbeleide het wat nie hierdie privaatheidbeleid insluit nie.

Ons privaatheidsbeleid is nie van toepassing op dienste wat deur ander maatskappye of individue gelewer word nie, insluitend produkte of webwerwe wat aan jou in soekresultate gewys kan word, webwerwe wat Google-dienste insluit, of ander webwerwe wat aan ons dienste geskakel is. Ons privaatheidsbeleid dek nie die inligtingspraktyk van ander maatskappye en organisasies wat ons dienste adverteer en wat webkoekies, piekselmerkers en ander tegnologie kan gebruik om relevante advertensies aan te bied nie.

Voldoening en samewerking met regulerende owerhede

Ons hersien gereeld ons nakoming van ons privaatheidsbeleid. Ons lê ons ook neer by verskeie selfregulerende raamwerke. As ons formele geskrewe klagtes ontvang, sal ons die persoon wat die klag ingedien het, kontak om dit op te volg. Ons werk saam met die relevante reguleringsowerhede, insluitend plaaslike databeskermingsowerhede, om enige klagtes oor die oordrag van persoonlike data wat ons nie direk met ons gebruikers kan oplos nie, op te los.

Veranderinge

Ons privaatheidsbeleid kan van tyd tot tyd verander. Ons sal nie jou regte onder hierdie privaatheidsbeleid inkort sonder jou uitdruklike toestemming nie. Ons sal enige verandering aan ons privaatheidsbeleid op hierdie blad aankondig, en as die veranderinge beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing voorsien (insluitend ’n kennisgewing via e-pos van veranderinge aan die privaatheidsbeleid vir sekere dienste). Ons sal ook vorige weergawes van die privaatheidsbeleid in ’n argief hou sodat jy daarna kan terugverwys.

Spesifieke produkpraktyke

Die volgende kennisgewings verduidelik spesifieke privaatheidpraktyke met betrekking tot sekere Google-produkte en -dienste wat jy dalk mag gebruik:

Vir meer inligting oor sommige van ons gewildste dienste, kan jy die Google-produkprivaatheidgids besoek.

Nog nuttige privaatheid- en sekerheidverwante materiaal kan gevind word deur Google se beleid- en beginselbladsye, insluitend:

"toegang tot jou persoonlike inligting"

Byvoorbeeld, met Google Dashboard kan jy vinnig en maklik van die data sien wat met jou Google-rekening geassosieer word. Kom meer te wete.

"advertensies wat vir jou die nuttigste sal wees"

As jy byvoorbeeld gereeld webwerwe en blogs oor tuinmaak besoek, kan jy dalk advertensies sien wat met tuinmaak verband hou wanneer jy deur die web blaai. Kom meer te wete.

"advertensiedienste"

As jy byvoorbeeld gereeld webwerwe en blogs oor tuinmaak wat ons advertensies wys, besoek, kan jy dalk advertensies wat met hierdie belangstelling verband hou, begin sien wanneer jy deur die web blaai. Kom meer te wete.

"en ander sensors"

Jou toestel kan sensors hê wat inligting verskaf om te help om 'n beter begrip van jou ligging te kry. Byvoorbeeld, 'n versnellingsmeter kan gebruik word om goed soos spoed te bepaal, of 'n giroskoop om uit te werk in watter rigting gereis word. Kom meer te wete.

"samel inligting in"

Dit sluit inligting in soos jou gebruikdata en -voorkeure, Gmail-boodskappe, G+-profiel, foto's, video's, blaaigeskiedenis, kaartsoektogte, dokumente of ander inhoud wat Google huisves. Kom meer te wete.

"kombineer persoonlike inligting van een diens af met inligting, insluitend persoonlike inligting, van ander Google-dienste af"

As jy byvoorbeeld by jou Google-rekening aangemeld is en 'n soektog op Google doen, kan jy dalk soekresultate van die publieke web af sien saam met bladsye, foto's en Google+-plasings van jou vriende af, en mense wat jou ken of jou op Google+ volg, kan dalk jou plasings en profiel in hul resultate sien. Kom meer te wete.

"kom in aanraking met mense"

Jy kan byvoorbeeld op Google+ voorstelle kry van mense wat jy dalk ken of met wie jy dalk in aanraking sal wil kom, gegrond op die verbindinge wat jy met mense op ander Google-produkte, soos Gmail, het, en mense wat 'n verbinding met jou het, kan jou profiel dalk as 'n voorstel sien. Kom meer te wete.

"kredietkaart"

Terwyl ons nie tans vir 'n kredietkaart vra wanneer jy aansluit nie, is die verifiëring van jou ouderdom deur 'n klein kredietkaarttransaksie een manier om te bevestig dat jy aan ons ouderdomvereistes voldoen ingeval jou rekening gedeaktiveer is nadat jy 'n geboortedag ingevoer het wat aandui dat jy nie oud genoeg is om 'n Google-rekening te hê nie. Kom meer te wete.

"ontwikkel nuwes"

Google se speltoetssagteware is byvoorbeeld ontwikkel deur vorige soektogte te ontleed waar gebruikers self hul spelling gekorrigeer het. Kom meer te wete.

"toestelidentifiseerders"

Toestelidentifiseerders laat Google weet watter unieke toestel jy gebruik om toegang tot ons dienste te verkry, wat gebruik kan word om ons diens vir jou toestel te pasmaak of enige toestelkwessies te ontleed wat met ons dienste verband hou. Kom meer te wete.

"toestelspesifieke inligting"

As jy byvoorbeeld Google Play van jou rekenaar af besoek, kan Google hierdie inligting gebruik om jou te help besluit op watter toestelle jy graag wil hê jou aankope vir gebruik beskikbaar moet wees. Kom meer te wete.

"verbeter jou gebruikerervaring"

Webkoekies laat ons byvoorbeeld toe om te ontleed hoe gebruikers ons dienste gebruik. Kom meer te wete.

Soos ander tegnologie- en kommunikasiemaatskappye ontvang Google gereeld versoeke van regerings en howe van oor die wêreld heen om gebruikerdata te oorhandig. Kom meer te wete.

"beperk deling- of sigbaarheidsinstellings"

Jy kan byvoorbeeld jou instellings kies sodat jou naam en foto nie in 'n advertensie verskyn nie. Kom meer te wete.

"met inligting oor besoeke aan veelvuldige werwe verbind"

Google Analytics is op eersteparty-webkoekies gegrond. Data wat deur Google Analytics gelewer word, kan deur die Google Analytics-kliënt of deur Google met behulp van Google-tegnologie aan derdeparty-webkoekies gekoppel word wat verband hou met besoeke aan ander webwerwe, byvoorbeeld as 'n adverteerder sy Google Analytics-data wil gebruik om relevanter advertensies te skep of om sy verkeer verder te ontleed. Kom meer te wete.

"onderhou"

Byvoorbeeld, ons monitor ons stelsels deurlopend om te kontroleer of hulle werk soos hulle moet en om foute te bespeur en reg te stel. Kom meer te wete.

"kan dalk inligting oor jou werklike ligging insamel en verwerk"

Google Maps kan byvoorbeeld die kaart met jou huidige ligging in die middel wys. Kom meer te wete.

"kan dalk nie behoorlik funksioneer nie"

Ons gebruik byvoorbeeld 'n webkoekie genaamd "lbcs" wat dit vir jou moontlik maak om talle Google Dokumente in een blaaier oop te maak. Kom meer te wete.

"en ons vennote"

Ons laat vertroude besighede toe om webkoekies of soortgelyke tegnologieë vir advertensie- en navorsingsdoeleindes op ons dienste te gebruik. Kom meer te wete.

"foonnommer"

As jy byvoorbeeld 'n foonnommer as 'n terugstellingopsie byvoeg, kan Google as jy jou wagwoord vergeet, vir jou 'n SMS met 'n kode stuur om jou in staat te stel om dit terug te stel. Kom meer te wete.

"beskerm Google en ons gebruikers"

As jy byvoorbeeld oor ongemagtigde toegang tot jou e-pos besorg is, wys "Laaste rekeningaktiwiteit" in Gmail vir jou inligting oor onlangse aktiwiteit in jou e-pos, soos die IP-adresse wat toegang tot jou pos verkry het, die geassosieerde ligging, asook die tyd en datum. Kom meer te wete.

"beskerm"

Byvoorbeeld, een rede hoekom ons IP-adresse en webkoekies insamel en ontleed, is om ons dienste teen geoutomatiseerde misbruik te beskerm. Kom meer te wete.

"verskaf"

Byvoorbeeld, die IP-adres wat aan jou toestel toegewys is, word gebruik om die data wat jy versoek het, na jou toestel terug te stuur. Kom meer te wete.

"deling"

Byvoorbeeld, met Google+ het jy baie verskillende delingopsies. Kom meer te wete.

"deel vinniger en makliker met ander mense"

Byvoorbeeld, as iemand reeds 'n kontak is, sal Google die persoon se naam outovoltooi as jy dit by 'n boodskap in Gmail wil voeg. Kom meer te wete.

"die mense wat aanlyn die meeste vir jou saak maak"

Wanneer jy byvoorbeeld 'n adres in die To-, Cc- of Bcc-veld invoer van 'n boodskap wat jy opstel, sal Gmail adresse uit jou kontaklys voorstel. Kom meer te wete.

"om dit makliker te maak om goed te deel met mense wat jy ken"

As jy byvoorbeeld via Gmail met iemand gekommunikeer het en die persoon by 'n Google Dokument of 'n geleentheid in Google Kalender wil voeg, maak Google dit maklik om dit te doen deur die e-posadres te outovoltooi wanneer jy die naam begin invoer. Kom meer te wete.

"bekyk en tree in interaksie met ons advertensies"

Ons lig adverteerders byvoorbeeld gereeld in oor of ons hul advertensie vir 'n bladsy gegee het en of dit waarskynlik was dat gebruikers daardie advertensie sou sien (anders as om byvoorbeeld op 'n deel van die bladsy te wees waarheen gebruikers nie gerollees het nie). Kom meer te wete.

"Ons kan dalk saamgestelde, nie-persoonlik identifiseerbare inligting publiek deel"

Wanneer baie mense vir iets begin soek, kan dit baie nuttige inligting oor bepaalde tendense op daardie tydstip bied. Kom meer te wete.

"Wi-Fi-toegangspunte en selfoontorings"

Google kan byvoorbeeld 'n benaderde waarde van jou toestel se ligging gee gebaseer op die bekende ligging van nabygeleë selfoontorings. Kom meer te wete.

"relevanter soekresultate"

Ons kan soektogte byvoorbeeld vir jou relevanter en interessanter maak deur foto's, plasings en meer van jou en jou vriende af in te sluit.

Kom meer te wete

"verwyder jou inhoud"

Jy kan byvoorbeeld jou Webgeskiedenis, jou blog, 'n Google-werf wat jy besit, jou YouTube-kanaal, jou Google+-profiel of jou hele Google-rekening uitvee.

Jy kan sommige hiervan by Google-tendense en YouTube-tendense sien.

Google-programme
Hoofkieslys