Deursigtigheidverslag oor toegang tot en uitvee van data

Soos in Google se privaatheidsbeleid en Privaatheidhulpsentrum beskryf word, onderhou ons ’n verskeidenheid nutsgoed vir gebruikers om toegang tot hul inligting te kry en dit op te dateer, te bestuur en uit te vee, en om hul privaatheid in alle Google-dienste te beheer. In die besonder: Miljoene gebruikers in die VSA benut elke jaar Google se Laai jou data af-kenmerk of vee van hul data uit met Google se My Aktiwiteit-kenmerk. Hierdie nutsgoed maak dit vir gebruikers moontlik om die spesifieke soorte data in Google se dienste te kies wat hulle wil nagaan, aflaai of uitvee, met versoeke wat outomaties verwerk word. Daarby kan gebruikers hul regte ingevolge spesifieke privaatheidswette, soos Kalifornië se wet op verbruikerprivaatheid, uitoefen deur Google te kontak.

Die tabel hieronder verskaf meer inligting oor die gebruik van hierdie nutsgoed en kontakmetodes in 2022:

Soort versoekAantal versoekeVersoeke wat heeltemal of deels afgehandel isVersoeke wat geweier isGemiddelde tyd om behoorlik te antwoord
Gebruik van Laai jou data af*Ongeveer 7,5 miljoenOngeveer 7,5 miljoenNVT (versoeke outomaties verwerk)Minder as 1 dag (versoeke outomaties verwerk)
Gebruik van uitvee in My Aktiwitieit*Ongeveer 54,7 miljoenOngeveer 54,7 miljoenNVT (versoeke outomaties verwerk)Minder as 1 dag (versoeke outomaties verwerk)
Versoeke om te weet (deur Google te kontak)**839839020 dae
Versoeke om uit te vee (deur Google te kontak)**8080023 dae

Google verkoop nie ons gebruikers se persoonlike inligting nie, soos in ons privaatheidsbeleid verduidelik word. Gevolglik, wanneer gebruikers versoeke indien om aan die verkoop van persoonlike inligting te onttrek, sal ons op sulke versoeke reageer deur ons praktyke en verbintenisse te verduidelik en inligting aan hulle te verskaf oor die beperkte omstandighede waaronder hul persoonlike inligting dalk buite Google gedeel sal word, en die kontroles wat hulle met betrekking tot sodanige deling het.

* Data vir gebruikers wat in die VSA geleë is

** Data vir gebruikers wat hulselfs as inwonders van Kalifornië geïdentifiseer het

Google-programme
Hoofkieslys