Deursigtigheidverslag oor toegang tot en uitvee van data

Soos in Google se privaatheidsbeleid en Privaatheidhulpsentrum beskryf word, onderhou ons ’n verskeidenheid nutsgoed vir gebruikers om toegang tot hul inligting te kry en dit op te dateer, te bestuur, uit te voer, te korrigeer en uit te vee, en om hul privaatheid in alle Google-dienste te beheer. In die besonder: Miljoene gebruikers in die VSA benut elke jaar Google se Laai jou data af-kenmerk of vee van hul data uit met Google se My Aktiwiteit-kenmerk. Hierdie nutsgoed maak dit vir gebruikers moontlik om die spesifieke soorte data in Google se dienste te kies wat hulle wil nagaan, aflaai of uitvee, met versoeke wat outomaties verwerk word. Daarby kan gebruikers hul regte ingevolge spesifieke privaatheidswette, soos Kalifornië se wet op verbruikerprivaatheid ("CCPA"), uitoefen deur Google te kontak.

Die tabel hier onder verskaf meer inligting oor die gebruik van hierdie nutsgoed en kontakmetodes in 2023:

Soort versoekAantal versoekeVersoeke wat heeltemal of deels afgehandel isVersoeke wat geweier is***Gemiddelde tyd om behoorlik te antwoord
Gebruik van Laai jou data af*Ongeveer 8,8 miljoenOngeveer 8,8 miljoenNVT (versoeke outomaties verwerk)Minder as 1 dag (versoeke outomaties verwerk)
Gebruik van uitvee in My Aktiwitieit*Ongeveer 60,6 miljoenOngeveer 60,6 miljoenNVT (versoeke outomaties verwerk)Minder as 1 dag (versoeke outomaties verwerk)
Versoeke om te weet (deur Google te kontak)**42442226 dae
Versoeke om uit te vee (deur Google te kontak)**323207 dae
Versoeke om te korrigeer (deur Google te kontak)**000NVT

Google verkoop nie ons gebruikers se persoonlike inligting nie, en gebruik persoonlike inligting wat die CCPA as sensitief hanteer net vir doeleindes wat deur die CCPA toegelaat word, soos in ons privaatheidsbeleid verduidelik word. Gevolglik, wanneer gebruikers versoeke indien om aan die verkoop van persoonlike inligting te onttrek of om die gebruik van hul sensitiewe persoonlike inligting te beperk, sal ons op sulke versoeke reageer deur ons praktyke en verbintenisse te verduidelik. Ons verskaf ook inligting aan gebruikers oor die beperkte omstandighede waaronder hul persoonlike inligting dalk buite Google gedeel sal word, en die kontroles wat hulle met betrekking tot sodanige deling het, en bykomende kontroles oor die insameling en gebruik van sensitiewe inligting wat beskikbaar kan wees, afhangende van watter Google-diens hulle gebruik.

* Data vir gebruikers wat in die VSA geleë is

** Data vir gebruikers wat hulselfs as inwonders van Kalifornië geïdentifiseer het

*** Elkeen van die versoeke wat in 2023 geweier is, is geweier óf omdat die versoek nie geverifieer kon word nie óf omdat die gebruiker die versoek teruggetrek het

Google-programme
Hoofkieslys