Wie is Google se vennote?

Google werk op verskillende maniere met besighede en organisasies. Ons verwys na hierdie besighede en organisasies as "vennote". Byvoorbeeld, meer as 2 miljoen nie-Google-webwerwe en -programme werk saam met Google om advertensies te wys. Miljoene ontwikkelaarvennote publiseer hul programme op Google Play. Ander vennote help Google om ons dienste te beveilig; inligting oor sekuriteitgevare kan ons help om jou in kennis te stel as ons dink jou rekening is gekompromitteer (op welke tydstip ons jou dan kan help om stappe te neem om jou rekening te beskerm).

Let wel, ons werk ook met betroubare ondernemings as "dataverwerkers" eerder as vennote, wat beteken dat hulle inligting namens ons verwerk om ons dienste te steun, gegrond op ons instruksies en in ooreenstemming met ons Privaatheidsbeleid en ander relevante vertroulikheid- en sekuriteitsmaatreëls. Die Google Privaatheidsbeleid het meer inligting oor hoe ons dataverwerkers gebruik.

Ons deel nie inligting soos jou naam of e-posadres wat jou persoonlik by adverteerders identifiseer nie, tensy jy ons versoek om dit te deel. Byvoorbeeld, as jy 'n advertensie vir 'n nabygeleë blommewinkel sien en die “tik om te bel”-knoppie kies, sal ons jou oproep deurskakel en dalk jou foonnommer vir die blommewinkel gee.

Jy kan meer in die Privaatheidsbeleid lees oor die inligting wat Google insamel, insluitend oor vennote.

Google-programme
Hoofkieslys