Google-reklamedienste eksperimenteer met nuwe maniere om die lewering en meting van digitale reklame te ondersteun op maniere wat mense se privaatheid beter aanlyn beskerm deur die Privacy Sandbox-inisiatief op Chrome en Android. Gebruikers wat die toepaslike Privacy Sandbox-instellings in Chrome of Android geaktiveer het, kan toepaslike advertensies van Google se reklamedienste sien op grond van Onderwerpe- of Beskermde gehoor-data wat op hul blaaier of mobiele toestel geberg is. Google se reklamedienste kan ook Erkenningverslagdoening-data wat op gebruikers se blaaiers of mobiele toestelle gerberg is, gebruik om advertensiewerkverrigting te meet. Meer inligting oor die Privacy Sandbox.

Hoe Google inligting gebruik van werwe en apps wat ons dienste gebruik

Baie webwerwe en apps gebruik Google-dienste om hul inhoud te verbeter en dit gratis te hou. Wanneer hulle ons dienste integreer, deel hierdie werwe en apps inligting met Google.

Wanneer jy byvoorbeeld 'n webwerf besoek wat advertensiedienste soos AdSense gebruik, insluitend ontledingnutsgoed soos Google Analytics, of wat video-inhoud van YouTube af inbed, stuur jou webblaaier outomaties sekere inligting na Google toe. Dit sluit die URL van die bladsy wat jy besoek en jou IP-adres in. Ons kan ook webkoekies op jou blaaier stel of webkoekies lees wat reeds daar is. Programme wat Google-advertensiedienste gebruik, deel ook inligting soos die naam van die program en 'n unieke identifiseerder vir advertensies met Google.

Google gebruik die inligting wat deur werwe en apps gedeel word om ons dienste te lewer, te onderhou en hulle te verbeter, nuwe dienste te ontwikkel, die doeltreffendheid van advertensies te meet, teen bedrog en misbruik te beskerm, en inhoud en advertensies wat jy op Google en op ons vennote se werwe en apps sien, te personaliseer. Sien ons Privaatheidsbeleid om meer te wete te kom oor hoe ons data vir elk van hierdie doeleindes verwerk en ons Advertensie-bladsy vir meer inligting oor Google-advertensies, hoe jou inligting gebruik word in die konteks van reklame en hoe lank Google hierdie inligting berg.

Ons privaatheidsbeleid verduidelik die regsgronde waarop Google staatmaak om jou inligting te verwerk – byvoorbeeld, dat ons jou inligting met jou toestemming mag verwerk of wettige belange mag nastreef, soos om ons dienste te verskaf, te onderhou en te verbeter om aan die behoeftes van ons gebruikers te voldoen.

Soms, wanneer ons inligting verwerk wat deur werwe en apps met ons gedeel word, sal daardie werwe en apps jou toestemming vra voordat hulle Google toelaat om jou inligting te verwerk. 'n Banier kan byvoorbeeld op 'n werf verskyn wat toestemming vra dat Google die inligting wat daardie werf insamel, mag verwerk. Wanneer dit gebeur, sal ons die doeleindes respekteer wat beskryf word in die toestemming wat jy aan die werf of program gee, pleks van die regsgronde wat in Google se privaatheidsbeleid beskryf word. As jy jou toestemming wil verander of terugtrek, moet jy die betrokke werf of program besoek om dit te doen.

Advertensiepersonalisering

As advertensiepersonalisering aangeskakel is, sal Google jou inligting gebruik om jou advertensies vir jou nuttiger te maak. 'n Webwerf wat bergfietse verkoop, kan byvoorbeeld Google se advertensiedienste gebruik. Nadat jy daardie werf besoek het, kan jy dalk 'n advertensie vir bergfietse op 'n ander werf wat advertensies wys wat deur Google gelewer word, sien.

As advertensiepersonalisering af is, sal Google nie jou inligting insamel of gebruik om 'n advertensieprofiel te skep of die advertensies wat Google vir jou wys te personaliseer nie. Jy sal nog advertensies sien, maar dit sal dalk nie so nuttig wees nie. Advertensies kan nog gegrond wees op die onderwerp van die webwerf of program waarna jy kyk, op jou huidige soekterme of op jou algemene ligging, maar nie op jou belangstellings, soekgeskiedenis of blaaigeskiedenis nie. Jou inligting kan nog gebruik word vir die ander doeleindes hierbo genoem, soos om die doeltreffendheid van advertensies te meet en as beskerming teen bedrog en misbruik.

Wanneer jy interaksie het met 'n webwerf of program wat Google-dienste gebruik, kan jy dalk gevra word om te kies of jy gepersonaliseerde advertensies vanaf advertensieverskaffers, insluitend Google, wil sien. Ongeag jou keuse sal Google nie die advertensies wat jy sien, personaliseer as jou advertensiepersonalisering-instelling af is nie of as jou rekening nie vir gepersonaliseerde advertensies kwalifiseer nie.

Jy kan jou advertensie-instellings besoek om te sien en beheer watter inligting ons gebruik om vir jou advertensies te wys.

Hoe jy die inligting wat Google op hierdie werwe en apps insamel, kan beheer

Hier is 'n paar van die maniere waarop jy die inligting kan beheer wat deur jou toestel gedeel word wanneer jy webwerwe en apps wat Google-dienste gebruik, besoek of daarop reageer:

  • Advertensie-instellings help jou om advertensies te beheer wat jy op Google-dienste sien (soos Google Search of YouTube), of op nie-Google-webwerwe en -programme wat Google se advertensiedienste gebruik. Jy kan ook uitvind hoe advertensies vir jou gepersonaliseer word, aan advertensiepersonalisering onttrek en spesifieke adverteerders blokkeer.
  • As jy by jou Google-rekening aangemeld is, en na gelang van jou rekeninginstellings, stel My Aktiwiteit jou in staat om data wat geskep word wanneer jy Google-dienste gebruik, na te gaan en te beheer, insluitend die inligting wat ons van die werwe en apps wat jy besoek het, insamel. Jy kan volgens datum en onderwerp blaai en 'n deel van of jou hele aktiwiteit uitvee.
  • Baie webwerwe en apps gebruik Google Analytics om te verstaan hoe besoekers hul werwe of programme gebruik. As jy nie wil hê dat Analytics in jou blaaier gebruik word nie, kan jy die Google Analytics-blaaierbyvoeging installeer. Kom meer te wete oor Google Analytics en privaatheid.
  • Incognitomodus in Chrome laat jou toe om deur die web te blaai sonder om webbladsye en lêers in jou blaaiergeskiedenis aan te teken (tensy jy kies om aan te meld). Webkoekies word uitgevee nadat jy al jou incognitovensters en -oortjies toegemaak het, en jou boekmerke en instellings word geberg totdat jy hulle uitvee. Kom meer te wete oor webkoekies. Die gebruik van Incognitomodus in Chrome of ander privaat blaaimodusse verhoed nie die insameling van data wanneer jy webwerwe besoek wat Google-dienste gebruik nie, en Google kan steeds data insamel wanneer jy webwerwe met hierdie blaaiers besoek.
  • Baie blaaiers, insluitend Chrome, laat jou toe om derdepartywebkoekies te blokkeer. Jy kan ook enige bestaande webkoekies van binne jou blaaier uitvee. Kom meer te wete oor bestuur van webkoekies in Chrome .
Google-programme
Hoofkieslys