Hoe Google data behou wat ons insamel

Ons samel data in wanneer jy Google-dienste gebruik. Wat ons insamel, hoekom ons dit insamel en hoe jy jou inligting kan bestuur, word in ons Privaatheidsbeleid beskryf. Hierdie behoudbeleid verduidelik hoekom ons sekere soorte inligting vir sekere tydperke behou.

Sekere data kan jy net wanneer jy wil uitvee, sekere data word outomaties uitgevee en sekere data hou ons vir langer tydperke as dit nodig is. Wanneer jy data uitvee, volg ons 'n uitveebeleid om seker te maak dat jou data veilig en heeltemal van ons bedieners af verwyder is of net in 'n anonieme vorm behou is. Hoe Google data anoniem maak

Inligting word behou totdat jy dit verwyder

Ons bied 'n reeks dienste aan wat jou toelaat om data wat in jou Google-rekening geberg is, reg te maak of uit te vee. Jy kan byvoorbeeld die volgende doen:

Ons sal hierdie data in jou Google-rekening hou totdat jy kies om dit uit te vee. En as jy ons dienste gebruik sonder om by 'n Google-rekening aan te meld, gee ons ook vir jou die geleentheid om sekere inligting wat gekoppel is aan wat jy gebruik om by jou dienste in te gaan, soos 'n toestel, blaaier of program, uit te vee.

Data wat na 'n spesifieke tydperk verval

In sommige gevalle sal ons data vir ’n voorafbepaalde tydperk berg, pleks van om ’n manier te verskaf om dit uit te vee. Ons stel vir elke soort data behoudtydperke op grond van die rede waarvoor dit ingesamel is. Byvoorbeeld, om te sorg dat ons dienste op baie verskillende soorte toestelle behoorlik vertoon word, kan ons blaaierbreedte en -hoogte vir tot 9 maande behou. Ons doen ook stappe om sekere data binne vasgestelde tydperke te anonimiseer of te pseudonimiseer. Byvoorbeeld, ons anonimiseer reklamedata in bedienerloglêers deur ná 9 maande ’n deel van die IP-adres en ná 18 maande webkoekie-inligting te verwyder. Ons kan ook gepseudonimiseerde data, soos navrae wat van gebruikers se Google-rekeninge ontkoppel is, vir ’n vasgestelde tydperk behou.

Inligting wat behou word totdat jou Google-rekening uitgevee is

Ons hou sekere data so lank jou Google-rekening bestaan indien dit vir ons van nut is om ons te help verstaan watter interaksie gebruikers met ons kenmerke het en hoe ons ons dienste kan verbeter. As jy byvoorbeeld ’n adres uitvee waarna jy op Google Maps gesoek het, kan jou rekening steeds berg dat jy die rigtingaanwysingskenmerk gebruik het. Sodoende kan Google Maps dit vermy om in die toekoms vir jou te wys hoe om die rigtingaanwysingskenmerk te gebruik.

Inligting wat vir uitgebreide tydperke vir beperkte doeleindes behou word

Soms verplig besigheids- en wetlike vereistes ons om sekere inligting vir spesifieke doeleindes vir 'n verlengde tydperk te behou. Byvoorbeeld, wanneer Google vir jou 'n betaling verwerk of wanneer jy 'n betaling aan Google maak, behou ons hierdie data vir langer tydperke soos vereis word vir belasting- of boekhoudingdoeleindes. Redes waarom ons sekere data vir langer tydperke kan behou, sluit in:

Om 'n veilige en volledige uitveeproses te aktiveer

Wanneer jy data in jou Google-rekening uitvee, begin ons onmiddellik die proses om dit uit die produk en ons stelsels te verwyder. Eerstens poog ons om dit onmiddellik uit die gesig te verwyder en die data mag nie meer gebruik word om jou Google-ervaring te personaliseer nie. Byvoorbeeld, as jy 'n video uitvee wat jy op jou My Aktiwiteit se kontroleskerm gekyk het, sal YouTube onmiddellik ophou om jou kykvordering vir daardie video te wys.

Ons begin dan 'n proses wat ontwerp is om die data veilig en volledig van ons bergingstelsels uit te vee. Die veilige uitvee van data is belangrik om ons gebruikers en kliënte te beskerm teen toevallige dataverlies. Die volledige uitvee van data van ons bedieners af is net so belangrik vir gebruikers se gemoedsrus. Hierdie proses duur gewoonlik 2 maande vanaf die tydstip waarop die uitveeproses begin is. Dit sluit dikwels tot 'n maand lange teruglaaitydperk in as die data per ongeluk verwyder is.

Elke Google-bergingstelsel waarvan data uitgevee word, het sy eie gedetailleerde proses om data veilig en volledig uit te vee. Dit kan dalk behels dat die stelsel herhaaldelik deurgegaan word om te bevestig dat alle data uitgevee is, of kort vertragings sodat foute reggestel kan word. As gevolg daarvan kan dit soms langer neem om uit te vee wanneer ekstra tyd benodig word om die data veilig en volledig uit te vee.

Ons dienste gebruik ook geënkripteerde berging as nog 'n laag beskerming om te help herstel van potensiële rampe. Data kan tot 6 maande op hierdie stelsels bly.

Soos met enige uitveeproses, kan dinge soos roetine-onderhoud, onverwagse onderbrekings, foute of tekortkomings in ons protokolle dalk vertragings in die prosesse en tydraamwerke wat in hierdie artikel omskryf word, veroorsaak. Ons onderhou stelsels wat ontwerp is om sulke probleme op te spoor en reg te stel.

Sekuriteit en voorkoming van bedrog en misbruik

Beskrywing

Om jou, ander mense en Google teen bedrog, misbruik en ongemagtigde toegang te beskerm.

Scenario's

Byvoorbeeld, wanneer Google vermoed dat iemand advertensiebedrog pleeg.

Finansiële rekordhouding

Beskrywing

Wanneer Google deel aan 'n finansiële transaksie het, insluitend wanneer Google jou betaling verwerk of wanneer jy 'n betaling aan Google maak. Langer behoud van hierdie inligting word dikwels vereis vir doeleindes soos boekhouding, geskillebeslegting en voldoening aan belasting-, verbeurdverklaring-, teengeldwassery- en ander finansiële regulasies.

Scenario's

Byvoorbeeld, wanneer jy programme van die Play Winkel of produkte van die Google Winkel aankoop.

Om te voldoen aan wetlike of regulatoriese vereistes

Beskrywing

Om te voldoen aan enige toepaslike wetgewing, regulasie, wetlike proses of afdwingbare regeringsversoek, of wat vereis word om die relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na die potensiële oortreding daarvan.

Scenario's

Byvoorbeeld, as Google 'n wettige dagvaarding ontvang.

Om die kontinuïteit van ons dienste te verseker

Beskrywing

Om dienskontinuïteit vir jou en ander gebruikers te verseker.

Scenario's

Byvoorbeeld, wanneer jy inligting met ander gebruikers deel (soos wanneer jy 'n e-pos aan iemand anders gestuur het), sal die uitvee daarvan uit jou Google-rekening nie kopieë wat deur die ontvangers onderhou word, verwyder nie.

Regstreekse kommunikasie met Google

Beskrywing

As jy regstreeks met Google gekommunikeer het deur middel van 'n kliëntedienskanaal, terugvoervorm of 'n foutverslag, kan Google redelike rekords van daardie kommunikasie behou.

Scenario's

Byvoorbeeld, wanneer jy terugvoer binne 'n Google-program soos Gmail of Drive stuur.

Google-programme
Hoofkieslys