Definisies

aanspreeklikheid

Verliese weens enige soort regseis, hetsy die eis gebaseer is op 'n kontrak, delik (insluitend nalatigheid), of ander rede, en hetsy hierdie verliese nie redelikerwyse verwag of voorsien kon word nie.

besigheidsgebruiker

'n Individu of entiteit wat nie 'n verbruiker is nie (sien verbruiker).

dienste

Google-dienste wat onderworpe is aan hierdie bepalings, is die produkte en dienste wat gelys word by https://policies.google.com/terms/service-specific, insluitend:

  • programme en werwe (soos Search en Maps)
  • platforms (soos Google Shopping)
  • geïntegreerde dienste (soos Maps wat op ander maatskappye se toepassings of werwe ingebed is)
  • toestelle en ander goedere (soos Google Nest)

Baie van hierdie dienste bevat ook inhoud wat jy kan stroom of waarmee jy interaksie kan hê.

geaffilieerde

'n Entiteit wat aan die Google-maatskappyegroep behoort, wat verwys na Google LLC en sy filiale, insluitend die volgende maatskappye wat verbruikerdienste in die EU lewer: Google Ireland Limited, Google Commerce Limited, en Google Dialer Inc.

handelsmerk

Simbole, name en prente wat in die handel gebruik word en wat die goedere of dienste van een individu of organisasie van dié van 'n ander kan onderskei.

Intellektuele-eiendomregte (IE-regte)

Regte op die skeppings van 'n persoon se verstand, soos uitvindings (patentregte), literêre en artistieke werke (kopiereg), ontwerpe (ontwerpregte) en simbole, name en prente wat in die handel gebruik word (handelsmerke). Intellektuele-eiendomregte kan aan jou , 'n ander individu of 'n organisasie behoort.

jou inhoud

Goed wat jy skep, oplaai, indien, berg, stuur, ontvang of deel met ons dienste, soos:

  • Dokumente, Blaaie en Skyfies wat jy skep
  • blogplasings wat jy deur Blogger oplaai
  • resensies wat jy deur Maps indien
  • video's wat jy in Drive berg
  • e-posse wat jy deur Google stuur en ontvang
  • prente wat jy deur Foto's met vriende deel
  • reisplanne wat jy met Google deel

kopiereg

'n Wetlike reg wat die skepper van 'n oorspronklike werk (soos 'n blogplasing, foto of video) toelaat om te besluit of en hoe daardie oorspronklike werk deur ander gebruik mag word, onderworpe aan sekere beperkings en uitsonderings (soos "billike gebruik" en "billike handel".

organisasie

n Regsentiteit (soos 'n korporasie, nie-winsorganisasie of skool) en nie 'n individuele persoon nie.

verbruiker

'n Individu wat Google-dienste vir persoonlike, nie-kommersiële doeleindes buite hul handel, besigheid, ambag of beroep gebruik. (Sien besigheidgebruiker)

vrywaar of vrywaring

'n Individu of organisasie se kontraktuele verpligting om te vergoed vir die verliese wat 'n ander individu of organisasie uit geregtelike stappe, soos hofsake, ly.

vrywaring

'n Stelling wat iemand se wetlike verantwoordelikhede beperk.

Waarborg

'n Versekering dat 'n produk of diens teen 'n sekere standaard uitgevoer sal word.

Google-programme
Hoofkieslys