Beleid oor verbode gebruik van generatiewe AI

Laas verander: 14 Maart 2023

Generatiewe-AI-modelle kan jou help om nuwe onderwerpe te verken, jou kreatiwiteit te inspireer, en nuwe dinge te leer. Ons verwag egter van jou om hulle op ’n verantwoordelike, wettige manier te gebruik en interaksie met hulle te hê. Gevolglik moet jy nie die Google-dienste wat na hierdie beleid verwys, gebruik om:

  1. Gevaarlike, onwettige of kwaadwillige aktiwiteite uit te voer of te fasiliteer nie, insluitend
    1. Die fasilitering of bevordering van onwettige aktiwiteite of oortredings van die wet, soos
      1. Die bevordering of generering van inhoud wat verband hou met die seksuele mishandeling of uitbuiting van kinders
      2. Die bemarking of fasilitering van die verkoop van, of die verskaffing van instruksies vir die sintetisering of verkryging van onwettige middels, goedere of dienste
      3. Die fasilitering van of aanmoediging van gebruikers om enige soort misdaad te pleeg
      4. Die bevordering of generering van gewelddadige ekstremisme of terreurinhoud
    2. Die misbruik, beskadiging, storing of ontwrigting van dienste (of om dit vir ander mense moontlik te maak om dit te doen), soos
      1. Die bevordering van of die fasilitering van die generering of verspreiding van strooipos
      2. Die generering van inhoud vir misleidende of bedrieglike aktiwiteite, swendelary, uitvissing of wanware.
    3. Pogings om veiligheidfilters te ignoreer of te omseil, of om die model doelbewus aan te dryf om op ’n manier op te tree wat ons beleide oortree
    4. Die generering van inhoud wat skade kan veroorsaak of bevorder vir individue of ’n groep, soos
      1. Die generering van inhoud wat haat bevorder of aanmoedig
      2. Die fasilitering van metodes van teistering of afknouery om ander mense te intimideer, te misbruik of te beledig
      3. Die generering van inhoud wat geweld fasiliteer, bevorder of aanhits
      4. Die generering van inhoud wat selfleed fasiliteer, bevorder of aanmoedig
      5. Die generering van persoonlik identifiseerbare inligting vir verspreiding of ander skade
      6. Die nasporing of monitering van mense sonder hul toestemming
      7. Die generering van inhoud wat ’n onredelike of nadelige impak op mense kan hê, veral ’n impak wat verband hou met sensitiewe of beskermde eienskappe
  2. Inhoud te genereer en te versprei wat bedoel is om verkeerd in te lig, verkeerd voor te stel, of te mislei, insluitend
    1. Die wanvoorstelling van die oorsprong van gegenereerde inhoud deur te beweer dat inhoud deur ’n mens geskep is, of om gegenereerde inhoud as oorspronklike werke voor te stel met die doel om te mislei
    2. Die gerenering van inhoud wat ’n individu (lewend of dood) naboots sonder uitdruklike openbaarmaking met die doel om te mislei
    3. Misleidende aansprake van kundigheid of vermoë wat veral gedoen word op sensitiewe terreine (byvoorbeeld gesondheid, finansies, regeringsdienste of regsake)
    4. Die neem van geoutomatiseerde besluite in domeine wat wesenlike of individuele regte of welstand beïnvloed (byvoorbeeld finansies, regsake, werk, gesondheidsorg, behuising, versekering en maatskaplike welstand)
  3. Seksueel eksplisiete inhoud te genereer nie, insluitend inhoud wat geskep is vir die doel van pornografie of seksuele bevrediging (byvoorbeeld seksuele kletsbotte). Let daarop dat dit nie inhoud insluit wat vir wetenskaplike, opvoedkundige, dokumentêre of artistieke doeleindes geskep word nie.
Google-programme
Hoofkieslys