Hoe beskerm Google my privaatheid en hou my inligting veilig?

Ons weet dat veiligheid en privaatheid vir jou belangrik is – en dit is ook vir ons belangrik. Ons maak dit 'n prioriteit om sterk sekuriteit te verskaf en gee jou vertroue dat jou inligting veilig en toeganklik is wanneer jy dit nodig het.

Ons werk voortdurend daaraan om sterk sekuriteit te verseker, jou privaatheid te beskerm en Google selfs meer doeltreffend vir jou te maak. Ons bestee elke jaar honderde miljoene dollar en ons neem wêreldbekende kundiges in databeveiliging in diens om jou inligting veilig te hou. Ons bou ook privaatheid- en sekuriteitnutsgoed wat maklik is om te gebruik, soos Google Dashboard, 2-stap-verifikasie en gepersonaliseerde advertensie-instellings wat in My Advertensiesentrum beskikbaar is. Wanneer inligting wat jy met Google deel dus ter sprake is, is jy in beheer.

Jy kan by die Google-veiligheidsentrum meer te wete kom oor veiligheid en sekuriteit aanlyn, insluitend hoe om jouself en jou gesin aanlyn te beskerm.

Kom meer te wete oor hoe ons jou persoonlike inligting privaat en veilig hou – en jou in beheer plaas.

Hoekom word my rekening met ’n streek geassosieer?

Jou rekening word in die diensbepalings met ’n streek (of gebied) geassosieer sodat ons verskeie dinge kan bepaal:

  1. Die Google-geaffilieerde wat die dienste verskaf, wat jou inligting verwerk en wat verantwoordelik is vir voldoening aan toepaslike pritvaatheidswetgewing. Google verskaf gewoonlik sy verbruikerdienste deur een van twee maatskappye:
    1. Google Ireland Limited, as jy in die Europese Ekonomiese Gebied (EU-lande asook Ysland, Liechtenstein en Noorweë) of Switserland geleë is
    2. Google LLC, wat in die Verenigde State gebaseer is, vir die res van die wêreld
  2. Die weergawe van die bepalings wat ons verhouding beheer, wat kan verskil na gelang van plaaslike wetgewing
  3. Die toepassing van streekspesifieke vereistes vir Google-dienste waar jy woon

Bepaling van die streek wat met jou rekening geassosieer word

Wanneer jy ’n nuwe rekening skep, sal ons jou rekening met ’n streek assosieer op grond van waar jy jou Google-rekening geskep het. Vir rekeninge wat minstens ’n jaar oud is, sal ons die streek gebruik van waar jy gewoonlik toegang tot Google-dienste kry — gewoonlik waar jy die afgelope jaar die meeste tyd deurgebring het.

As jy gereeld reis, beïnvloed dit gewoonlik nie die streek wat met jou rekening geassosieer word nie. As jy na ’n nuwe streek trek, kan dit ongeveer ’n jaar neem vir die streek waarmee jy geassosieer word om opgedateer te word.

As die streek wat met jou rekening geassosieer word nie met jou streek van verblyf ooreenstem nie, kan dit wees omdat jy in verskillende streke woon en werk, omdat jy ’n virtuele private netwerk (VPN) geïnstalleer het om jou IP-adres te verberg, of omdat jy naby ’n gebiedsgrens woon. As jy nie saamstem met die streek wat met jou rekening geassosieer word nie, kan jy ’n versoek idienn by verander jou streek.

Hoe kan ek inligting oor myself uit Google se soekresultate verwyder?

Google-soektogresultate is 'n weerspieëling van die inhoud wat publiek-beskikbaar is op die web. Soekenjins kan nie inhoud direk van webwerwe af verwyder nie. Die verwydering van soekresultate van Google af sal dus nie die inhoud van die web af verwyder nie. As jy iets van die web af wil verwyder, moet jy die webmeester kontak van die werf waarop die inhoud geplaas is en hom of haar vra om dit te verander. Sodra die inhoud verwyder is en Google kennis geneem het van die opdatering, sal die inligting nie meer in Google se soekresultate verskyn nie. As jy 'n dringende versoek vir verwydering het, kan jy ook ons hulpbladsy vir meer inligting besoek.

Word my soeknavrae aan webwerwe gestuur as ek op Google Search se soekresultate klik?

Nie gewoonlik nie. Wanneer jy in Google Search op ’n soekresultaat klik, stuur jou webblaaier sekere inligting na die bestemmingswebblad. Jou soekterme kan in die internetadres of URL van die soekresultatebladsy verskyn, maar Google Search is bedoel om te verhoed dat blaaiers daardie URL na die bestemmingsblad as die Verwyser-URL stuur. Ons verskaf data oor soeknavrae via Google Neigings en Google Search Console, maar wanneer ons dit doen, voeg ons navrae saam sodat ons net navrae deel wat deur veelvuldige gebruikers uitgereik is.

Google-programme
Hoofkieslys