Hierdie inhoud kom uit 'n geargiveerde weergawe van ons privaatheidsbeleid. Kyk hier om ons huidige privaatheidsbeleid te sien.

"kombineer persoonlike inligting van een diens af met inligting, insluitend persoonlike inligting, van ander Google-dienste af"

Voorbeelde

  • As jy byvoorbeeld by jou Google-rekening aangemeld is en 'n soektog op Google doen, kan jy dalk soekresultate van die publieke web af sien saam met bladsye, foto's en Google+-plasings van jou vriende af, en mense wat jou ken of jou op Google+ volg, kan dalk jou plasings en profiel in hul resultate sien. Jy kan ook relevante inligting vind uit die inhoud wat jy het in ander Google-produkte wat jy gebruik, soos Gmail of Google Kalender.
  • As jy 'n reis na Italië beplan en jy soek op Google vir "florence", kan jy dalk in jou soekresultate foto's of artikels van jou vriende af oor Florence sien. Hierdie resultate maak dit maklik om hul aanbevelings te verken en 'n gesprek aan te knoop oor watter besienswaardighede om te sien. Kom meer te wete.
  • Google Nou gebruik data wat jy dalk in ander Google-produkte geberg het. As van jou soektogte dalk in jou Webgeskiedenis geberg is, kan Google Nou op grond van daardie vorige soektogte inligtingkaarte gegrond op sporttellings, vlugstatus ensovoorts wys. Om jou Webgeskiedenis te bestuur, besoek google.com/history/. Jy kan jou Webgeskiedenis uitvee of laat wag en steeds Google Nou gebruik, maar sekere soorte inligting sal nie verskyn nie. Kom meer te wete.
  • As jy 'n Google Kalender-inskrywing vir 'n besigheidafspraak het, kan Google Nou die verkeer nagaan en voorstel wanneer om te vertrek om jou afspraak betyds te bereik.
Google-programme
Hoofkieslys