Google se diensbepalings

Effektiewe datum 05 Januarie 2022 | Geargiveerde weergawes | Laai PDF af

Landweergawe: Verenigde State van Amerika

Wat word deur hierdie bepalings gedek

Ons weet dit lyk aanloklik om hierdie diensbepalings oor te slaan, maar dit is belangrik om te bepaal wat jy van ons kan verwag wanneer jy Google se dienste gebruik, en wat ons van jou verwag.

Hierdie Diensbepalings weerspieël die manier waarop Google se besigheid werk, die wette wat op ons maatskappy van toepassing is, en sekere dinge wat ons nog altyd as waar beskou het. Gevolglik help hierdie Diensbepalings om Google se verhouding met jou te definieer terwyl jy met ons dienste omgaan. Byvoorbeeld, hierdie bepalings sluit die volgende onderwerpopskrifte in:

Dit is belangrik dat jy hierdie bepalings verstaan, want deur ons dienste te gebruik, stem jy in tot hierdie bepalings.

Ons publiseer bo en behalwe hierdie bepalings ook 'n privaatheidsbeleid. Ons moedig jou aan om dit te lees sodat jy beter kan verstaan hoe jy jou inligting kan opdateer, bestuur, uitvoer en uitvee.

Bepalings

Diensverskaffer

Google se dienste word verskaf deur, en jy sluit 'n kontrak met:

Google LLC
ingerig ingevolge die wette van die deelstaat Delaware, VSA, en bedryf ingevolge die wette van die VSA

1600 Amphitheatre Parkway
Mountain View, California 94043
VSA

Ouderdomsvereistes

As jy jonger is as die ouderdom wat vereis word om jou eie Google-rekening te bestuur, moet jy jou ouer of wettige voog se toestemming hê om 'n Google-rekening te gebruik. Laat jou ouer of wettige voog asseblief hierdie bepalings saam met jou lees.

As jy 'n ouer of wettige voog is en jy laat jou kind toe om die dienste te gebruik, dan is hierdie bepalings op jou van toepassing en is jy verantwoordelik vir jou kind se aktiwiteit op die dienste.

Sommige Google-dienste het bykomende ouderdomsvereistes soos beskryf in hul diensspesifieke bykomende bepalings en beleide.

Jou verhouding met Google

Hierdie bepalings help om die verhouding tussen jou en Google te definieer. Oor die algemeen gee ons jou toestemming om ons dienste te gebruik as jy instem om hierdie bepalings te volg, wat weerspieël hoe Google se besigheid werk en hoe ons geld verdien. Wanneer ons van “Google” en "ons" praat, bedoel ons Google LLC en sy geaffilieerdes.

Wat jy van ons kan verwag

Verskaf 'n wye reeks nuttige dienste

Ons verskaf 'n wye reeks dienste wat onderworpe is aan hierdie bepalings, insluitend:
  • programme en werwe (soos Search en Maps)
  • platforms (soos Google Shopping)
  • geïntegreerde dienste (soos Maps wat by ander maatskappye se programme of werwe ingebed is)
  • toestelle (soos Google Nest)

Baie van hierdie dienste bevat ook inhoud wat jy kan stroom of waarmee jy interaksie kan hê.

Ons dienste word ontwerp om saam te werk, wat dit vir jou makliker maak om van een aktiwiteit na die volgende te beweeg. As jou Kalendergeleentheid byvoorbeeld 'n adres insluit, kan jy op daardie adres klik en Maps kan vir jou wys hoe om daar uit te kom.

Ontwikkel, verbeter en dateer Google-dienste op

Ons ontwikkel voortdurend nuwe tegnologie en kenmerke om ons dienste beter te maak. Ons gebruik byvoorbeeld kunsmatige intelligensie en masjienleer om vir jou gelyktydige vertalings te verskaf, en om strooipos en wanware beter te bespeur en te blokkeer. In 'n poging om voortdurend te verbeter, voeg ons soms kenmerke en funksies by of verwyder hulle, vermeerder of verminder beperkings op ons dienste, en begin om nuwe dienste aan te bied of om ou dienste te staak. Wanneer 'n diens aflaaibare sagteware vereis of insluit, word daardie sagteware soms outomaties op jou toestel opgedateer sodra 'n nuwe weergawe of kenmerk beskikbaar is. Sommige dienste maak dit vir jou moontlik om jou outomatiese opdateringinstellings te verstel.

As ons wesenlike veranderinge aanbring wat jou gebruik van ons dienste negatief beïnvloed of as ons ophou om 'n diens aan te bied, sal ons vir jou redelike voorafkennisgewing gee, behalwe in dringende gevalle waar ons misbruik wil verhinder, in reaksie op wetlike vereistes of om aandag aan sekuriteit- en bedryfskwessies te skenk. Ons sal ook vir jou die geleentheid gee om jou inhoud van jou Google-rekening af uit te voer met Google Takeout, onderworpe aan toepaslike wetgewing en beleide.

Wat ons van jou verwag

Volg hierdie bepalings en bykomende diensspesifieke bepalings

Die toestemming wat ons vir jou gee om ons dienste te gebruik, duur voort so lank jy aanhou om die volgende na te kom:

Jy stem ook in dat ons Privaatheidsbeleid geld vir jou gebruik van ons dienste. Bykomend verskaf ons hulpbronne soos die Kopiereghulpsentrum, Veiligheidsentrum, en beskrywings van ons tegnologieë vanaf ons beleidwerf om algemene vrae te beantwoord en verwagtinge oor die gebruik van ons dienste te stel.

Al gee ons vir jou toestemming om ons dienste te gebruik, behou ons enige intellektuele-eiendom-regte wat ons in die dienste het.

Respekteer ander

Ons wil 'n respekvolle omgewing vir almal handhaaf, wat beteken dat jy hierdie basiese gedragsreëls moet volg:
  • voldoen aan toepaslike wette, insluitend uitvoerbeheer, sanksies en wette oor mensehandel
  • respekteer die regte van ander, insluitend regte op privaatheid en intellektuele-eiendom
  • moenie ander mense of jouself mishandel of skade aandoen nie (of dreig of sulke mishandeling of skade aanmoedig nie) – byvoorbeeld, deur ander te mislei, te bedrieg, onwettig te verpersoonlik, te beledig, af te knou of te teister
  • moenie die dienste misbruik, beskadig, daarmee inmeng of hulle ontwrig nie – byvoorbeeld, deur die dienste op bedrieglike of misleidende maniere te gebruik of toegang daartoe te kry, wanware bekend te stel, of deur strooipos, kuberkrakery of omseiling van ons stelsels of beskermende maatreëls. Wanneer ons die web indekseer om vir jou soekresultate te bring, respekteer ons standaardgebruiksbeperkings wat webwerfeienaars in hul webwerwe se kodes spesifiseer, sodat ons dieselfde kan vereis wanneer ander mense ons dienste gebruik

Ons diensspesifieke bykomende bepalings en beleide verskaf bykomende besonderhede oor gepaste handeling en gedrag wat alle gebruikers van hierdie dienste moet nakom. As jy bevind dat ander nie hierdie reëls nakom nie, laat baie van ons dienste jou toe om misbruik te rapporteer. As ons uitvoering gee aan 'n verslag oor misbruik, volg ons ook die proses wat beskryf word in die afdeling oor Optrede wanneer daar probleme is.

Toestemming om jou inhoud te gebruik

Sommige van ons dienste is ontwerp om dit vir jou moontlik te maak om jou inhoud op te laai, in te dien, te berg, te stuur, te ontvang of te deel. Jy het geen verpligting om enige inhoud aan ons dienste te verskaf nie, en dit staan jou vry om die inhoud te kies wat jy wil verskaf. As jy besluit om inhoud op te laai of te deel, moet jy asseblief seker maak dat jy die nodige regte het om dit te doen en dat die inhoud wettig is.

Lisensie

Jou inhoud bly joune, wat beteken jy behou enige intellektuele-eiendom-regte wat jy op jou inhoud het. Byvoorbeeld, jy het intellektuele-eiendomregte op die skeppende inhoud wat jy maak, soos resensies wat jy skryf. Of jy kan die reg hê om iemand anders se skeppende inhoud te deel as hulle vir jou hul toestemming gegee het.

Ons het jou toestemming nodig as jou intellektuele-eiendomregte ons gebruik van jou inhoud beperk. Jy gee daardie toestemming aan Google deur hierdie lisensie.

Wat word gedek

Hierdie lisensie dek jou inhoud as daardie inhoud deur intellektuele-eiendomregte beskerm word.

Wat nie gedek word nie

  • Hierdie lisensie beïnvloed nie jou privaatheidsregte nie – dit handel net oor jou intellektuele-eiendomregte
  • Hierdie lisensie dek nie hierdie soorte inhoud nie:
    • feitelike inligting wat jy verskaf wat publiek beskikbaar is, soos regstellings aan die adres van 'n plaaslike besigheid. Daardie inligting vereis nie 'n lisensie nie omdat dit as algemene kennis beskou word wat enigiemand kan gebruik.
    • terugvoer wat jy aanbied, soos voorstelle oor hoe ons ons dienste kan verbeter Terugvoer word in die Diensverwante kommunikasie-afdeling hieronder gedek.

Omvang

Hierdie lisensie is:
  • wêreldwyd, wat beteken dit is oral in die wêreld geldig
  • nie-eksklusief, wat beteken jy kan die lisensie vir jou inhoud aan ander verleen
  • tantièmevry, wat beteken daar is geen monetêre fooie vir hierdie lisensie nie

Regte

Hierdie lisensie laat Google toe om:

  • jou inhoud te hou, te reproduseer, te versprei en te gebruik – byvoorbeeld, om jou inhoud in ons stelsels te stoor en dit toeganklik te maak waar jy ook al is
  • jou inhoud te publiseer, publiek uit te voer, of publiek te vertoon as jy dit vir ander sigbaar gemaak het
  • jou inhoud te wysig en afgeleide werke wat op jou inhoud gebaseer is te skep, soos om dit te herfomateer of te vertaal
  • hierdie regte te sublisensieer aan:
    • ander gebruikers sodat die dienste kan werk soos dit ontwerp is, soos om dit vir jou moontlik te maak om foto's te deel met die mense wat jy kies
    • ons kontrakteurs wat ooreenkomste met ons onderteken het wat met hierdie bepalings ooreenstem, net vir die beperkte doeleindes wat in die Doel-afdeling hieronder beskryf word

Doel

Hierdie lisensie is vir die beperkte doeleinde om:

  • die dienste te bedryf en te verbeter, wat beteken die dienste word toegelaat om te werk soos dit ontwerp is en nuwe kenmerke en funksies word geskep. Dit sluit in dat geoutomatiseerde stelsels en algoritmes gebruik word om jou inhoud te ontleed:
    • strooipos, wanware en onwettige inhoud
    • om patrone in data te herken, soos om te bepaal wanneer om 'n nuwe album in Google Foto's voor te stel om verwante foto's saam te hou
    • om ons dienste vir jou te pasmaak, soos om aanbevelings en gepersonaliseerde soekresultate, inhoud en advertensies (wat jy in Advertensie-instellings kan verander of afskakel) te verskaf
    Hierdie analise vind plaas wanneer die inhoud gestuur, ontvang en gestoor word.
  • inhoud wat jy publiek gedeel het, te gebruik om die dienste te bemark. Byvoorbeeld, ons sal dalk 'n resensie wat jy geskryf het aanhaal om 'n Google-toepassing te bemark. Of ons sal dalk 'n skermkiekie van 'n program wat jy in die Play Winkel aanbied, gebruik om Google Play te bemark.
  • die ontwikkeling van nuwe tegnologieë en dienste vir Google in ooreenstemming met hierdie bepalings

Tydsduur

Hierdie lisensie duur so lank as wat jou inhoud deur intellektuele-eiendomregte beskerm word.

As jy enige inhoud wat deur hierdie lisensie gedek word uit ons dienste verwyder, sal ons stelsels binne 'n redelike tydsverloop ophou om daardie inhoud publiek beskikbaar te maak. Daar is twee uitsonderings:

  • As jy reeds jou inhoud met ander gedeel het voordat jy dit verwyder het. Byvoorbeeld, as jy 'n foto gedeel het met 'n vriend wat toe 'n kopie daarvan gemaak het of dit weer gedeel het, sal daardie foto dalk aanhou om in jou vriend se Google-rekening te verskyn selfs nadat jy dit uit jou Google-rekening verwyder het.
  • As jy jou inhoud deur ander maatskappye se dienste beskikbaar maak, is dit moontlik dat soekenjins, insluitend Google Search, jou inhoud steeds as deel van hul soekresultate sal kry en vertoon.

Gebruik van Google-dienste

Jou Google-rekening

As jy aan hierdie ouderdomsvereistes voldoen, kan jy 'n Google-rekening skep vir jou gerief. Sommige dienste vereis dat jy 'n Google-rekening het om te werk – byvoorbeeld, jy het 'n Google-rekening nodig om Gmail te gebruik sodat jy 'n plek het waar jy jou e-posse kan stuur en ontvang.

Jy is verantwoordelik vir wat jy met jou Google-rekening doen, insluitend om redelike stappe te neem om jou Google-rekening veilig te hou. Ons moedig jou aan om gereeld die Sekuriteitkontrole te gebruik.

Gebruik van Google-dienste namens 'n organisasie of besigheid

Baie organisasies, soos besighede, nie-winsorganisasies en skole, benut ons dienste. Om ons dienste namens 'n organisasie te gebruik:
  • moet 'n gemagtigde verteenwoordiger van die organisasie tot hierdie bepalings instem
  • kan jou organisasie se administrateur 'n Google-rekening aan jou toewys. Daardie administrateur kan van jou vereis om bykomende reëls te volg en sal dalk toegang tot jou Google-rekening kan kry of dit kan deaktiveer.

Diensverwante kommunikasie

Om ons dienste aan jou te lewer, stuur ons soms diensaankondigings en ander inligting aan jou. Raadpleeg Google se privaatheidsbeleid om meer te wete te kom oor hoe ons met jou kommunikeer.

As jy besluit om vir ons terugvoer te gee, soos voorstelle om ons dienste beter te maak, kan ons sonder 'n verpligting teenoor jou uitvoering gee aan jou terugvoer.

Inhoud in Google-dienste

Jou inhoud

Sommige van ons dienste gee vir jou die geleentheid om jou inhoud publiek beskikbaar te maak – byvoorbeeld, jy kan dalk 'n produk- of restaurantresensie plaas wat jy geskryf het, of jy kan 'n blogplasing oplaai wat jy geskep het.

As jy dink dat iemand jou intellektuele-eiendomregte, aantas, kan jy vir ons 'n kennisgewing oor die aantasting stuur en ons sal toepaslik optree. Byvoorbeeld, ons sal die Google-rekeninge opskort of sluit van herhaalde aantasters van kopiereg soos beskryf in ons Kopiereghulpsentrum.

Google-inhoud

Sommige van ons dienste sluit inhoud in wat aan Google behoort – byvoorbeeld, baie van die visuele illustrasies wat jy in Google Maps sien. Jy mag Google se inhoud gebruik soos toegelaat deur hierdie bepalings en enige diensspesifieke bykomende bepalings, maar ons behou enige intellektuele-eiendomregte wat ons op ons inhoud het. Moenie enige van ons handelsmerke, logo's of regskennisgewings verwyder, verberg of verander nie. Raadpleeg asseblief die bladsy oor Google-handelsmerktoestemmings as jy ons handelsmerk of logo's wil gebruik.

Ander inhoud

Laastens gee sommige van ons dienste jou toegang tot inhoud wat aan ander mense of organisasies behoort — byvoorbeeld, 'n winkeleienaar se beskrywing van hul eie besigheid, of 'n koerantartikel wat op Google Nuus gewys word. Jy mag nie hierdie inhoud gebruik sonder daardie persoon of organisasie se toestemming of soos andersins deur wetgewing toegelaat word nie. Die sienings wat in ander mense of organisasies se inhoud weergegee word, is hulle s'n en weerspieël nie noodwendig Google se sienings nie.

Sagteware in Google-dienste

Sommige van ons dienste sluit sagteware in wat afgelaai kan word. Ons gee vir jou toestemming om daardie sagteware as deel van die dienste te gebruik.

Die lisensie wat ons aan jou verleen is:
  • wêreldwyd, wat beteken dit is oral in die wêreld geldig
  • nie-eksklusief, wat beteken ons kan die lisensie vir ons sagteware aan ander verleen
  • tantièmevry, wat beteken daar is geen monetêre fooie vir hierdie lisensie nie
  • persoonlik, wat beteken dit is nie van toepassing op iemand anders nie
  • ontoewysbaar, wat beteken jy kan nie die lisensie aan iemand anders toewys of oordra nie

Sommige van ons dienste sluit sagteware in wat ingevolge oopbronlisensiebepalings aangebied word en wat ons aan jou beskikbaar stel. Daar is somtyds voorwaardes in die oopbronlisensie wat sekere dele van hierdie bepalings uitdruklik vervang, en daarom moet jy asseblief seker maak dat jy daardie lisensies lees.

Jy mag nie enige deel van ons dienste of sagteware kopieer, wysig, versprei, verkoop of verhuur nie.

In die geval van probleme of meningsverskille

Waarborgvrywaring

Ons bou ons reputasie op die lewering van nuttige, betroubare dienste soos Google Search en Maps, en maak ons dienste voortdurend beter om aan jou behoeftes te voldoen. Ons bied ons dienste egter sonder waarborge aan, tensy dit uitdruklik in ons diensspesifieke bykomende bepalings verklaar word. Wetgewing vereis dat ons spesifieke regstaal gebruik om dit te verduidelik en dat ons hoofletters gebruik om seker te maak dat jy dit sien, soos die volgende:

IN DIE MATE WAT DEUR TOEPASLIKE WETGEWING TOEGELAAT WORD, VERSKAF ONS ONS DIENSTE “SOOS DIT IS” SONDER ENIGE UITDRUKLIKE OF NIE-UITDRUKLIKE WAARBORGE, INSLUITEND DIE NIE-UITDRUKLIKE WAARBORGE VAN VERKOOPBAARHEID, GESKIKTHEID VIR 'N BEPAALDE DOEL EN NIE-AANTASTING. BYVOORBEELD, ONS GEE GEEN WAARBORGE OOR DIE INHOUD OF KENMERKE VAN DIE DIENSTE NIE, INSLUITEND HUL AKKURAATHEID, BETROUBAARHEID, BESKIKBAARHEID, OF VERMOë OM AAN JOU VEREISTES TE VOLDOEN NIE.

Aanspreeklikhede

Vir alle gebruikers

Beide wetgewing en hierdie bepalings probeer om die regte balans te vind tussen wat jy of Google van mekaar kan eis in geval daar probleme is. Dit is waarom wetgewing ons toelaat om sekere aanspreeklikhede — maar nie ander nie — kragtens hierdie bepalings te beperk.

Hierdie bepalings beperk net ons verantwoordelikhede soos toegelaat deur toepaslike wetgewing. Hierdie bepalings beperk nie aanspreeklikheid ten opsigte van growwe nalatigheid of opsetlike wangedrag nie.

In die mate wat deur toepaslike wetgewing toegelaat word:
  • Is Google net aanspreeklik vir sy skendings van hierdie bepalings of toepaslike diensspesifieke bykomende bepalings
  • Google is nie aanspreeklik nie vir:
    • verlies aan wins, inkomste, besigheidsgeleenthede, naamwaarde of verwagte besparing
    • indirekte of gevolglike verliese
    • bestraffende skadevergoeding
  • Google se totale aanspreeklikheid wat uit hierdie bepaling voortspruit of daarmee verband hou, word beperk tot (1) $200 of (2) die fooie wat in die 12 maande voor die dispuut betaal is om die betrokke dienste te gebruik, wat ook al die grootste is

Net vir besigheidsgebruikers en organisasies

As jy 'n besigheidsgebruiker of organisasie is:

  • Ja sal Google en sy direkteure, amptenare, werknemers en kontrakteurs – in die mate wat dit deur toepaslike wetgewing toegelaat word – vrywaar teen enige regstappe deur 'n derde party (insluitend stappe deur regeringsowerhede) wat spruit uit of verband hou met jou onwettige gebruik van die dienste of die oortreding van hierdie bepalings of bykomende diensspesifieke bepalings. Hierdie vrywaring dek enige aanspreeklikheid of koste wat spruit uit eise, verliese, skade, hofbeslissings, boetes, gedingkoste en regsfooie.
  • As jy wetlik vrygestel is van sekere verantwoordelikhede, insluitend vrywaring, is daardie verantwoordelikhede ingevolge hierdie bepalings nie op jou van toepassing nie. Byvoorbeeld, die Verenigde Nasies is vrygestel van sekere wetlike verpligtinge en hierdie bepalings vervang nie daardie vrystellings nie.

Optrede wanneer daar probleme is

Voordat ons optree soos hieronder beskryf word, sal ons jou, indien redelikerwys moontlik, vooraf in kennis stel, die rede vir ons optrede beskryf, en jou die geleentheid gee om die probleem reg te stel, tensy deur dit te doen:

  • skade of aanspreeklikheid vir 'n gebruiker, derde party of Google sal veroorsaak
  • die wet of 'n wetstoepassingsgesag se opdrag sal oortree
  • bring 'n ondersoek in gedrang
  • die werksaamhede, integriteit of sekuriteit van ons dienste in gedrang sal bring

Verwyder jou inhoud

As enige van jou inhoud (1) hierdie bepalings of diensspesifieke bykomende bepalings of beleide skend, (2) toepaslike wetgewing oortree, of (3) skade aan ons gebruikers, derde partye of Google kan aanrig, behou ons die reg voor om sommige of al daardie inhoud kragtens toepaslike wetgewing te verwyder. Voorbeelde sluit in kinderpornografie, inhoud wat mensehandel of teistering fasiliteer, terreurinhoud en inhoud wat iemand anders se intellektuele-eiendomregte aantas.

Opskorting of beëindiging van jou toegang tot Google-dienste

Google behou die reg voor om jou toegang tot die dienste op te skort of te beëindig of jou Google-rekening uit te vee as enige van hierdie dinge gebeur:

  • as jy wesenlik of herhaaldelik hierdie bepalings, diensspesifieke bykomende bepalings of beleide oortree
  • daar van ons vereis word om dit te doen om aan 'n wetlike vereiste of 'n hofbevel te voldoen
  • jou optrede skade of aanspreeklikheid vir 'n gebruiker, derde party of Google veroorsaak – byvoorbeeld, deur kuberkrakery, uitvissing, teistering, die stuur van strooipos, die misleiding van ander, of die uitvee van inhoud wat nie aan jou behoort nie

Raadpleeg hierdie Hulpsentrum-bladsy vir meer inligting oor hoekom ons rekeninge deaktiveer en wat gebeur wanneer ons dit doen. As jy glo jou Google-rekening is verkeerdelik opgeskort of beëindig, kan jy appél aanteken.

Dit staan jou natuurlik altyd vry om enige tyd op te hou om ons dienste te gebruik. As jy wel ophou om 'n diens te gebruik, sal ons graag wil weet hoekom sodat ons kan aanhou om ons dienste te verbeter.

Geskilbeslegting, heersende wetgewing en howe

Vir inligting oor hoe om Google te kontak, besoek asseblief ons kontakbladsy.

Die wette van Kalifornië, ongeag reëls oor botsende wette, sal alle geskille beheer wat kan spruit uit of wat verband hou met hierdie bepalings, diensspesifieke bykomende bepalings of enige verwante dienste. Hierdie geskille sal slegs in die federale of deelstaathowe van Santa Clara County, Kalifornië, VSA gelitigeer word, en jy en Google stem in tot persoonlike jurisdiksie in hierdie howe.

Meer oor hierdie bepalings

Jy het volgens die wet sekere regte wat nie deur 'n kontrak soos hierdie diensbepalings beperk kan word nie. Hierdie bepalings is hoegenaamd nie bedoel om daardie regte te beperk nie.

Hierdie bepalings beskryf die verhouding tussen jou en Google. Hulle skep geen wetlike regte vir ander mense of organisasies nie, selfs as ander deur die verhouding ingevolge hierdie bepalings bevoordeel word.

Ons wil hierdie bepalings maklik maak om te verstaan en daarom het ons voorbeelde uit ons dienste gebruik. Van die dienste wat genoem word, is egter dalk nie in jou land beskikbaar nie.

As hierdie bepalings teenstrydig is met die bykomende diensspesifieke bepalings, sal die bykomende bepalings daardie diens beheer.

As dit sou gebeur dat ’n spesifieke bepaling nie geldig of afdwingbaar is nie, sal dit nie enige ander bepalings beïnvloed nie.

As jy nie hierdie bepalings of die bykomende diensspesifieke bepalings volg nie en ons neem nie dadelik stappe nie, beteken dit nie dat ons enige regte prysgee wat ons mag hê nie, soos om in die toekoms stappe te doen.

Ons kan hierdie bepalings en bykomende diensspesifieke bepalings opdateer (1) om veranderinge te weerspieël aan ons dienste of hoe ons sake doen – byvoorbeeld, wanneer ons nuwe dienste, kenmerke, tegnologieë, pryse of voordele byvoeg (of oues verwyder), (2) om wetlike, regulatoriese of sekuriteitredes, of (3) om misbruik of skade te voorkom.

As ons hierdie bepalings of bykomende diensspesifieke bepalings wesenlik verander, sal ons vir jou redelike voorafkennisgewing gee, asook die geleentheid om die veranderinge na te gaan, behalwe (1) wanneer ons 'n nuwe diens of kenmerk bekendstel, of (2) in dringende situasies, soos om voortgesette misbruik te voorkom of in reaksie op wetlike vereistes. As jy nie instem tot die veranderinge wat ons aan ons bepalings maak nie, moet jy jou inhoud verwyder en ophou om die dienste te gebruik. Jy kan ook enige tyd jou verhouding met ons beëindig deur jou Google-rekening te sluit.

Definisies

aanspreeklikheid

Verliese weens enige soort regseis, hetsy die eis gebaseer is op 'n kontrak, delik (insluitend nalatigheid), of ander rede, en hetsy hierdie verliese nie redelikerwyse verwag of voorsien kon word nie.

besigheidsgebruiker

'n Individu of entiteit wat nie 'n verbruiker is nie (sien verbruiker).

dienste

Google-dienste wat onderworpe is aan hierdie bepalings, is die produkte en dienste wat gelys word by https://policies.google.com/terms/service-specific, insluitend:

  • programme en werwe (soos Search en Maps)
  • platforms (soos Google Shopping)
  • geïntegreerde dienste (soos Maps wat op ander maatskappye se toepassings of werwe ingebed is)
  • toestelle en ander goedere (soos Google Nest)

Baie van hierdie dienste bevat ook inhoud wat jy kan stroom of waarmee jy interaksie kan hê.

geaffilieerde

'n Entiteit wat aan die Google-maatskappyegroep behoort, wat verwys na Google LLC en sy filiale, insluitend die volgende maatskappye wat verbruikerdienste in die EU lewer: Google Ireland Limited, Google Commerce Limited, en Google Dialer Inc.

handelsmerk

Simbole, name en prente wat in die handel gebruik word en wat die goedere of dienste van een individu of organisasie van dié van 'n ander kan onderskei.

Intellektuele-eiendomregte (IE-regte)

Regte op die skeppings van 'n persoon se verstand, soos uitvindings (patentregte), literêre en artistieke werke (kopiereg), ontwerpe (ontwerpregte) en simbole, name en prente wat in die handel gebruik word (handelsmerke). Intellektuele-eiendomregte kan aan jou , 'n ander individu of 'n organisasie behoort.

jou inhoud

Goed wat jy skep, oplaai, indien, berg, stuur, ontvang of deel met ons dienste, soos:

  • Dokumente, Blaaie en Skyfies wat jy skep
  • blogplasings wat jy deur Blogger oplaai
  • resensies wat jy deur Maps indien
  • video's wat jy in Drive berg
  • e-posse wat jy deur Google stuur en ontvang
  • prente wat jy deur Foto's met vriende deel
  • reisplanne wat jy met Google deel

'n Wetlike reg wat die skepper van 'n oorspronklike werk (soos 'n blogplasing, foto of video) toelaat om te besluit of en hoe daardie oorspronklike werk deur ander gebruik mag word, onderworpe aan sekere beperkings en uitsonderings (soos "billike gebruik" en "billike handel".

landweergawe

As jy 'n Google-rekening het, assosieer ons jou rekening met 'n land (of gebied) sodat ons die volgende kan bepaal:

  • die Google-geaffilieerde wat die dienste aan jou verskaf en wat jou inligting verwerk soos jy die dienste gebruik
  • die weergawe van die bepalings wat ons verhouding beheer

Wanneer jy afgemeld is, word jou landweergawe bepaal deur die ligging waar jy Google-dienste gebruik. As jy 'n rekening het, kan jy aanmeld en hierdie bepalings raadpleeg om te sien watter land daarmee geassosieer word.

organisasie

n Regsentiteit (soos 'n korporasie, nie-winsorganisasie of skool) en nie 'n individuele persoon nie.

verbruiker

'n Individu wat Google-dienste vir persoonlike, nie-kommersiële doeleindes buite hul handel, besigheid, ambag of beroep gebruik. (Sien besigheidgebruiker)

vrywaar of vrywaring

'n Individu of organisasie se kontraktuele verpligting om te vergoed vir die verliese wat 'n ander individu of organisasie uit geregtelike stappe, soos hofsake, ly.

vrywaring

'n Stelling wat iemand se wetlike verantwoordelikhede beperk.

Waarborg

'n Versekering dat 'n produk of diens teen 'n sekere standaard uitgevoer sal word.

Google-programme
Hoofkieslys