Hierdie inhoud kom uit 'n geargiveerde weergawe van ons privaatheidsbeleid. Kyk hier om ons huidige privaatheidsbeleid te sien.

"jou aktiwiteit op ander werwe en apps"

Voorbeelde

Hierdie aktiwiteit kan kom van jou gebruik van Google-produkte soos Chrome-sinkronisering of van jou besoeke aan werwe en apps wat met Google saamwerk. Baie webwerwe en apps werk saam met Google om hul inhoud en dienste te verbeter. Byvoorbeeld, 'n webwerf kan ons advertensiedienste (soos AdSense) of analisenutsgoed (soos Google Analytics) gebruik, of dit kan ander inhoud inbed (soos video's op YouTube). Hierdie produkte deel inligting oor jou aktiwiteit met Google en, na gelang van jou rekeninginstellings en die produkte wat gebruik word (byvoorbeeld, wanneer 'n vennoot Google Analytics saam met ons advertensiedienste gebruik), kan hierdie data dalk met jou persoonlike inligting geassosieer word.

Kom meer te wete oor hoe Google data gebruik wanneer jy ons vennote se werwe of programme gebruik.

Google-programme
Hoofkieslys