Privaatheid en bepalings
Privaatheid en bepalings

Tienerprivaatheidgids

Jou privaatheid op Google

Jy kan hier antwoorde kry op sommige van die topvrae wat ons oor privaatheid gevra word, soos Wat is data? Lees ook die privaatheidsbeleid as jy meer wil uitvind.

Jou ligging

Weet Google wat my ligging is?

Wanneer jy ook al die internet gebruik, kan apps en werwe rofweg skat waar jy is, en dieselfde geld ook vir Google. Google kan ook weet wat jou presiese ligging is, afhangend van jou toestelinstellings. (Sien Hoe presies is my ligging?)

Wanneer jy op Google soek, soos met Search, Maps of Google Assistent, kan jou huidige ligging gebruik word om vir jou nuttiger resultate te gee. As jy byvoorbeeld restaurante soek, is die nuttigste resultate waarskynlik vir restaurante in jou omgewing.

Sien Hoe jy jou ligging kan bestuur

Hoe kan ek ligging aan- en afskakel?

Wanneer jy op Google soek, sal Google altyd die algemene omgewing skat waarvandaan jy soek. Soos enige app of webwerf wat jy gebruik wat aan die internet verbind, kan Google jou ligging op grond van jou toestel se IP-adres skat. Sien Hoe weet Google waar ek is? vir meer inligting.

Jy kan liggingtoestemmings vir individuele apps, werwe en vir jou toestel aan- of afskakel om te kies of jy jou presiese ligging wil stuur wanneer jy Google gebruik.

As jy jou huis- of werkadres stel en Google skat dat jy by die huis of werk is, sal die presiese adres vir jou soektog gebruik word.

Hoe presies is my ligging?

Jou algemene omgewing

Wanneer jy op Google soek, sal Google altyd die algemene omgewing skat waarvandaan jy soek. Sodoende kan Google vir jou relevante resultate gee. Dit hou ook jou rekening veilig deur ongewone aktiwiteit te bespeur, soos ’n aanmelding vanaf ’n nuwe stad.

’n Algemene omgewing is groter as 3 vk. km en het minstens 1 000 gebruikers sodat die algemene omgewing van jou soektog jou nie identifiseer nie, wat help om jou privaatheid te beskerm.

Jou presiese ligging

As jy toestemming gee, kan Google jou presiese ligging gebruik. Google benodig byvoorbeeld jou presiese ligging om die mees relevante resultate te wys vir soektogte soos “roomys in my omgewing” of draai-vir-draai-staprigtingaanwysings na ’n winkel toe.

Presiese ligging beteken presies waar jy is, soos ’n bepaalde adres.

Hoe weet Google wat my ligging is?

Jou ligging kom uit verskillende bronne, wat saam gebruik word om te skat waar jy is.

Jou toestel se IP-adres

IP-adresse word rofweg gegrond op geografie, soortgelyk aan foonnommergebiedskodes. Dit beteken dat enige app of webwerf wat jy gebruik, insluitend google.com, die algemene omgewing waarin jy is, op grond van jou IP-adres kan skat. Jou toestel se IP-adres word deur jou internetdiensverskaffer aan jou toestel toegewys en is nodig om die internet te gebruik.

Meer inligting

Jou toestelligging

As jy ’n Google-app of -werf toestemming gee om jou toestel se ligging te gebruik, kan daardie inligting gebruik word om te help verstaan waar jy is. ’n Ligginginstelling is op amper alle toestelle by die bedryfstelsel ingebou, gewoonlik in die instellings.

Meer inligting

Jou aktiwiteit op Google

Google kan die algemene omgewing waarin jy is, op grond van jou vorige Google-soektogte skat. As jy byvoorbeeld gereeld na pizza in Moembai soek, is dit waarskynlik dat jy resultate in Moembai sal wil sien.

Meer inligting

Jou geëtiketteerde plekke

As jy jou huis- of werkadres gestel het, kan Google hulle gebruik om te skat waar jy is. Byvoorbeeld, as jy jou huisadres gestel het en jou IP-adres, vorige aktiwiteit of ander bronne van ligginginligting dui daarop dat jy dalk naby jou huis is, sal ons jou huisligging gebruik as ’n skatting van waar jy is.

Meer inligting

Wie kan my ligging sien?

Dis jou besluit. As jy Google Liggingdeling gebruik, kan jy jou intydse ligging oral in Google-dienste met vriende en familielede deel.

Kyk of jy tans jou ligging deel

Liggingdeling is by verstek af. As jy jou intydse ligging wil deel, moet jy kies en bevestig met wie en vir hoe lank jy dit wil deel. Jy kan enige tyd ophou om jou ligging te deel.

Sien Deel jou intydse ligging met ander mense

Deling op Google

Wat kan ander mense sien wanneer ek op Google deel?

Wat ander mense oor jou op Google-dienste kan sien, hang af van wat en hoe jy deel:

Deel publiek

As jy tot apps soos Google Maps bydra, kan ander mense jou naam en prent sien. As jy byvoorbeeld jou gunstelingroomyswinkel gradeer, kan ander mense jou gradering, naam en prent sien as hulle daardie winkel op Google Maps verken.

Deel privaat

As jy dinge soos foto’s, video’s en dokumente met ander mense deel, kan die persoon vir wie jy hulle stuur, jou naam en prent sien bo en behalwe dit wat jy deel.

Dink mooi voordat jy met ander mense deel en verstaan watter vlak toegang jy gee. Byvoorbeeld, wanneer jy dinge soos vouers in Google Drive of albums in Google Foto’s deel, sal mense dalk voortgesette toegang hê wanneer jy nuwe inhoud byvoeg.

Wie kan die dinge sien wat ek deel, soos foto’s, video’s en dokumente?

Jy kan kies om spesifieke inhoud met ander mense te deel in die Google-dienste wat jy gebruik.

Onthou dat wanneer jy iets deel, is dit ook vir ander mense moontlik om dit te deel, selfs in apps en werwe buite Google.

Jy kan jou eie inhoud enige tyd in jou rekening uitvee, maar dit vee nie kopieë uit wat jy reeds gedeel het nie.

Dink na oor wat jy deel, en deel net met mense wat jy vertrou.

Deel Google ooit my persoonlike inligting met ander mense?

Ons deel nie jou persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google nie, behalwe in beperkte gevalle, soos wanneer ons wetlik verplig word om dit te doen.

As jy ’n Google-rekening deur jou skool (’n Google Workspace for Education-rekening) het, sal die skooladmin wat jou rekening bestuur, toegang tot jou inligting hê.

Toegang deur skooladmins

Jou skooladmin kan toegang tot die volgende inligting in jou Google Workspace for Education-rekening hê:

  • Ingaan by inligting wat in jou rekening gestoor is en dit behou, soos jou e-posadres
  • Statistieke rakende jou rekening bekyk, soos hoeveel programme jy installeer
  • Jou rekeningwagwoord verander
  • Jou rekeningtoegang opskort of beëindig
  • Jou rekeninginligting ontvang om aan die toepaslike wetgewing, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen
  • Jou vermoë beperk om jou inligting of privaatheidinstellings uit te vee of te wysig

Hoekom Google dalk jou inligting sal deel

Wanneer jy vir ons toestemming gee

Byvoorbeeld, as jy Google Assistent gebruik om ’n pizza te bestel, sal ons jou toestemming kry voordat ons jou naam of foonnommer met die restaurant deel. Sien Hoe Google jou help om data veilig met derdepartyapps en -dienste te deel

Met domeinadmins, soos hier bo beskryf.

Vir eksterne verwerking: Ons verskaf persoonlike inligting aan maatskappye waarmee ons saamwerk om data te verwerk op grond van instruksies wat ons vir hulle gee. Ons gebruik byvoorbeeld eksterne maatskappye om ons met kliëntediens te help, en ons moet sekere persoonlike inligting met die maatskappy deel sodat gebruikervrae beantwoord kan word.

Weens wetlike redes

Ons sal persoonlike inligting buite Google deel as ons glo dat die verskaffing van die inligting nodig kan wees om:

  • Aan enige toepaslike wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen.
  • Relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na potensiële oortredings.
  • Bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteit- of tegniese kwessies reg te stel.
  • Te beskerm teen benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek, soos deur die wet vereis of toegelaat.

Data en personalisering

Watter data samel Google oor my in?

Wanneer jy Google-dienste gebruik, samel ons inligting in wat ons nodig het om hulle aan jou te lewer, om hulle nuttiger vir jou te maak, en om ander redes soos verduidelik in Hoekom samel Google data in?.

Jy kan met jou instellings beperk watter data ons insamel en hoe daardie data gebruik word. As jy byvoorbeeld nie wil hê dat ons jou YouTube-geskiedenis in jou Google-rekening moet stoor nie, kan jy YouTube-geskiedenis afskakel. Sien Hoe kan ek besluit wat Google stoor?

Wat is data?

Jou persoonlike inligting sluit dinge in wat jy aan ons verskaf wat jou persoonlik identifiseer, soos jou naam of e-posadres. Dit sluit ook ander data in wat Google redelikerwys met jou kan verbind, soos inligting in jou Google-rekening wat ons met jou assosieer.

Jou persoonlike inligting sluit twee soorte dinge in:

Dinge wat jy verskaf of skep

Wanneer jy ’n Google-rekening skep, voorsien jy ons van persoonlike inligting, soos jou naam en ’n wagwoord.

Jy kan ook inhoud stoor wat jy skep, oplaai of van ander mense af ontvang, soos e-posboodskappe en foto’s.

Dinge wat jy op Google doen

Ons samel inligting oor jou aktiwiteit in ons dienste in om ’n beter ervaring te bied. Dit kan dinge insluit soos die terme waarna jy soek en die video’s wat jy kyk, mense met wie jy kommunikeer of inhoud deel, en jou Chrome-blaaigeskiedenis.

Ons samel inligting in oor die apps, blaaiers en toestelle wat jy gebruik om toegang tot Google-dienste te kry, wat ons help om kenmerke te bied soos om jou skerm te verdonker wanneer jou battery amper pap is.

Ons verwerk jou ligging, soos wanneer jy kenmerke soos draai-vir-draai-rigtingaanwysings gebruik. Sien die Ligging-afdeling vir meer.

Hoekom samel Google data in?

Ons samel inligting in wat ons nodig het om ons dienste te lewer, hulle nuttiger te maak vir jou en om ander redes, soos verduidelik in “Maniere waarop ons data gebruik”.

Google Maps kan jou byvoorbeeld help om na plekke toe te gaan terwyl jy verkeer vermy omdat dit inligting oor waar jy is (jou data) met publieke data (kaarte en inligting oor publieke plekke) kombineer.

Maniere waarop ons data gebruik

Om ons dienste te verskaf

Ons gebruik data om ons dienste te lewer, soos om die terme waarna jy soek te verwerk om resultate te kan wys.

Om ons dienste te onderhou en te verbeter

Data help ons om ons dienste te handhaaf en te verbeter. Ons kan byvoorbeeld onderbrekings naspoor. En deur te verstaan watter soekterme die meeste verkeerd gespel word, help dit ons om speltoetserkenmerke te verbeter wat oral in ons dienste gebruik word.

Om nuwe dienste te ontwikkel

Data help ons om nuwe dienste te ontwikkel. Ons kon byvoorbeeld verstaan hoe mense hul foto’s in ons eerste foto’s-app, Picasa, georganiseer het, en het daardie data gebruik om te help om Google Foto’s te ontwerp en bekend te stel. En ons kan jou interaksies met ons dienste, insluitend ons generatiewe KI-produkte, gebruik om hierdie dienste te ontwikkel en te verbeter.

Om persoonlike dienste, insluitend inhoud en advertensies, te verskaf

Ons gebruik data om gepersonaliseerde inhoud te verskaf, byvoorbeeld aanbevelings vir video’s waarvan jy dalk sal hou. Afhangend van jou instellings en hoe oud jy is, kan ons vir jou gepersonaliseerde advertensies op grond van jou belangstellings wys.

Om werkverrigting te meet

Ons gebruik ook data om werkverrigting te meet en te verstaan hoe ons dienste gebruik word

Om met jou te kommunikeer

Ons kan jou e-posadres gebruik om vir jou ’n kennisgewing te stuur as ons verdagte aktiwiteit bespeur

Om Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm

Ons gebruik data om mense aanlyn veiliger te hou, soos om bedrog te bespeur en te voorkom

Hoe gebruik Google data om dinge te personaliseer?

Ons gebruik die inligting wat ons insamel om ons apps en werwe vir jou te pasmaak, byvoorbeeld:

  • Aanbevelings vir video’s waarvan jy dalk sal hou
  • Sekuriteitwenke wat aangepas is by hoe jy Google-dienste gebruik (sien Sekuriteitkontrole)

Ons gebruik ook data om advertensies te personaliseer, behalwe in gevalle soos wanneer die instelling af is of vir sekere ouderdomme.

Personaliseer Google die advertensies wat ek sien?

Ons probeer om die advertensies wat ons wys, so nuttig moontlik te maak. Ons personaliseer egter nie advertensies vir sekere ouderdomme of vir mense wat advertensiepersonalisering afskakel nie.

Ons kan advertensies steeds nuttig maak, selfs sonder om hulle te personaliseer. As jy byvoorbeeld na ’n bladsy resultate vir “nuwe skoene” kyk, sal jy dalk ’n advertensie van ’'n tekkiemaatskappy sien. Die advertensie kan gegrond wees op algemene faktore soos hoe laat dit is, jou algemene ligging en inhoud van die bladsy waarna jy kyk.

Jy is in beheer

Hoe kan ek besluit wat Google in my rekening stoor?

Wanneer jy ’n Google-diens, soos Foto’s, gebruik, is daar instellings waarmee jy dinge kan besluit, soos of jy jou foto’s wil rugsteun en sinkroniseer.

Daar is ook instellings wat jou toelaat om te besluit of inligting oor jou aktiwiteit in Google-dienste as geskiedenis in jou Google-rekening gestoor word, en of Google-dienste inligting in jou Google-rekening kan gebruik om jou ervaring te personaliseer.

Gepersonaliseerde aanbevelings in Search-dienste

Laat jou kies of Search-dienste, soos Search, Maps, Shopping, Hotelle, Flights, Vertaal en Nuus, vir jou gepersonaliseerde aanbevelings kan gee op grond van inligting in jou Google-rekening, soos jou profielinligting en gestoorde geskiedenis. Search-dienste kan byvoorbeeld daardie inligting gebruik om KI-antwoorde te verskaf wat volgens jou belangstellings gepasmaak is.

Search Services History

Stoor jou aktiwiteit op Search-dienste, soos jou soektogte en geassosieerde inligting, soos jou algemene ligging. Jou aktiwiteit word gebruik om jou ervarings op Search-dienste te pasmaak. Byvoorbeeld, wanneer jy begin tik, kan jy vorige soektogte as voorstelle sien. Google gebruik ook jou Geskiedenis van Search-dienstedata om te help om Google-dienste en -tegnologieë, insluitend KI-modelle, te verbeter en om Google, hul gebruikers en die publiek te beskerm.

Google Play-personalisering

Laat jou kies of Google Play inligting in jou Google-rekening, soos items wat jy in die Google Play Winkel koop en aflaai, kan gebruik om jou ervaring meer gepersonaliseerd te maak. Google Play kan byvoorbeeld leer uit die apps wat jy gebruik om apps beter vir jou aan te beveel.

Google Play-geskiedenis

Stoor jou Google Play-aktiwiteit, soos die apps wat jy op jou toestel oopmaak, in jou Google-rekening. Hierdie aktiwiteit kan gebruik word om jou ervaring in Google-dienste te pasmaak, soos om jou te help om die apps waarna jy soek, vinniger te vind.

Web- en App-aktiwiteit

Stoor jou aktiwiteit vanaf sommige Google-werwe en -apps, soos Google TV, en sluit geassosieerde inligting, soos ligging, in. Dit stoor ook gesinkroniseerde Chrome-geskiedenis en -aktiwiteit vanaf werwe, apps en toestelle wat Google-dienste gebruik. Jou aktiwiteit word gebruik om vir jou beter aanbevelings en meer gepersonaliseerde ervarings in Google-dienste te gee.

YouTube-geskiedenis

Stoor die video’s wat jy kyk en die dinge waarna jy soek wanneer jy YouTube gebruik. Jou YouTube-geskiedenis word gebruik om dinge te doen soos om vir jou beter aanbevelings te gee en jou te help om aan te gaan waar jy opgehou het.

Gemini-appsaktiwiteit

Laat jou kies of Google jou Gemini-aktiwiteit, soos jou kletse en wat jy met Gemini deel (soos lêers en foto’s), kan gebruik om Google-dienste, insluitend KI-modelle, te help verbeter. Jou Gemini-appsaktiwiteit word ook gebruik om dinge te doen soos om jou enige tyd met kletse te laat aangaan waar jy opgehou het.

Hoe vee ek my data uit?

Jy kan data uitvee wat in jou Google-rekening gestoor is. Data wat jy kies om permanent uit te vee, word uit ons stelsels verwyder. Ons volg ’n sorgvuldige proses om seker te maak dat hierdie data heeltemal uit ons bedieners verwyder word of slegs behou word in ’n vorm wat nie met jou geassosieer kan word nie.

Besoek My Aktiwiteit om die aktiwiteit na te gaan wat in jou Google-rekening gestoor is, soos instruksieteks wat jy ingevoer het, en dinge waarna jy gesoek het, wat jy gelees het en wat jy gekyk het. Jy kan spesifieke stukke aktiwiteit of al jou aktiwiteit binne ’n spesifieke tydreeks uitvee.

Jy kan ook kies dat jou aktiwiteit outomaties uitgevee word.

Hoe laai ek my inhoud af?

Jou inhoud sluit dinge in soos e-posse, foto’s, video’s, dokumente, sigblaaie, opmerkings, kontakte en kalendergeleenthede.

Besoek Laai jou data af om ’n argief van jou inhoud te skep – óf om dit te rugsteun óf om dit na ’n ander maatskappy toe te neem as jy ’n ander diens wil probeer.

Watter kontroles het ek wanneer ek afgemeld is?

Jy het kontroles waarmee jy kan kies hoe om Google te gebruik, selfs wanneer jy afgemeld is. Wanneer jy afgemeld is, kan jy g.co/privacytools besoek om hierdie instellings te verander:

Soekpasmaking

Gebruik jou Google-soektogte uit hierdie blaaier vir meer relevante resultate en aanbevelings.

YouTube se soek- en kykgeskiedenis

Gebruik jou aktiwiteit op YouTube, soos video’s wat jy kyk en dinge waarna jy soek, om YouTube vir jou te personaliseer.

Jy kan ook sekere of alle webkoekies in jou blaaier blokkeer, maar dit kan veroorsaak dat sekere kenmerke op die web ophou werk. Byvoorbeeld, baie webwerwe vereis dat webkoekies aangeskakel moet wees wanneer jy wil aanmeld.

Afgemelde gebruikers kan ook kies of hulle gepersonaliseerde advertensies wil sien, hoewel ons nie advertensies vir sekere ouderdomme personaliseer nie.

Maak in ’n nuwe oortjie oop(maak ’n voetnota oop)
  • Afrikaans
  • Bahasa Indonesia
  • Bahasa Melayu
  • Català
  • Čeština
  • Dansk
  • Deutsch
  • Eesti
  • English
  • English (India)
  • English (United Kingdom)
  • Español
  • Español (Latinoamérica)
  • Euskara
  • Filipino
  • Français
  • Français (Canada)
  • Gaeilge
  • Galego
  • Hrvatski
  • Isizulu
  • Íslenska
  • Italiano
  • Kiswahili
  • Latviešu
  • Lietuvių
  • Magyar
  • Malti
  • Nederlands
  • Norsk
  • Polski
  • Português (Brasil)
  • Português (Portugal)
  • Română
  • Slovenčina
  • Slovenščina
  • Srpski
  • Suomi
  • Svenska
  • Tiếng Việt
  • Türkçe
  • অসমীয়া
  • Ελληνικά
  • Български
  • ଓଡିଆ
  • Русский
  • Српски
  • Українська
  • ‫עברית‬
  • ‫اردو‬
  • ‫العربية‬
  • ‫فارسی‬
  • አማርኛ
  • मराठी
  • हिन्दी
  • বাংলা
  • ગુજરાતી
  • தமிழ்
  • తెలుగు
  • ಕನ್ನಡ
  • മലയാളം
  • ไทย
  • 한국어
  • 中文 (香港)
  • 中文(简体中文)
  • 中文(繁體中文)
  • 日本語
Google-programme
Hoofkieslys