Hierdie is ’n geargiveerde weergawe van ons privaatheidsbeleid. Bekyk die huidige weergawe of alle vorige weergawes.

Google se privaatheidsbeleid

Wanneer jy ons dienste gebruik, vertrou jy ons met jou inligting. Ons verstaan dat dit 'n groot verantwoordelikheid is en werk hard om jou inligting te beskerm en jou in beheer te stel.

Hierdie privaatheidsbeleid is bedoel om jou te help verstaan watter inligting ons insamel, hoekom ons dit insamel en hoe jy jou inligting kan opdateer, bestuur, uitvoer en uitvee.

Effektiewe datum 15 Oktober 2019 | Geargiveerde weergawes | Laai PDF af

Ons bou 'n reeks dienste wat miljoene mense daagliks help om die wêreld op nuwe maniere te verken en daarop te reageer. Ons dienste sluit in:

  • Google-programme, -werwe en -toestelle soos Search, YouTube en Google Home
  • Platforms soos die Chrome-blaaier en Android-bedryfstelsel
  • Produkte wat by derdepartyprogramme en -werwe geïntegreer is, soos advertensies en ingebedde Google Maps

Jy kan ons dienste op verskillende maniere gebruik om jou privaatheid te bestuur. Byvoorbeeld, jy kan vir 'n Google-rekening aansluit as jy inhoud soos e-posse en foto's wil skep en bestuur of meer relevante soekresultate wil sien. En jy kan baie Google-dienste gebruik wanneer jy afgemeld is of selfs sonder om 'n rekening te skep, soos om op Google te soek of om YouTube-video's te kyk. Jy kan ook kies om privaat deur die web te blaai deur Chrome in Incognito-modus te gebruik. En jy kan oral in ons dienste jou privaatinstellings aanpas om te beheer wat ons insamel en hoe jou inligting gebruik word.

Ons het voorbeelde, verduidelikende video's en definisies vir sleutelterme bygevoeg om dinge so duidelik as moontlik te verduidelik. As jy enige vrae oor hierdie privaatheidsbeleid het, kan jy ons kontak.

Inligting wat Google insamel

Ons wil hê jy moet verstaan watter soort inligting ons insamel wanneer jy ons dienste gebruik

Ons samel inligting in om beter dienste aan al ons gebruikers te lewer – van basiese dinge soos om uit te vind watter taal jy praat tot meer komplekse dinge soos watter advertensies jy die nuttigste sal vind, watter mense vir jou die belangrikste is aanlyn of watter YouTube-video's jy dalk van sal hou. Die inligting wat Google insamel en hoe dié inligting gebruik word, hang af van hoe jy ons dienste gebruik en hoe jy jou privaatheidkontroles bestuur.

Wanneer jy nie by 'n Google-rekening aangemeld is nie, berg ons die inligting wat ons insamel met unieke identifiseerders wat aan die blaaier, program of toestel wat jy gebruik, gekoppel is. Dit help ons om dinge te doen soos om jou taalvoorkeure oor verskillende blaaisessies te behou.

Wanneer jy aangemeld is, samel ons ook inligting in wat ons in jou Google-rekening berg en wat ons as persoonlike inligting hanteer.

Dinge wat jy skep of aan ons verskaf

Wanneer jy 'n Google-rekening skep, verskaf jy persoonlike inligting aan ons wat jou naam en 'n wagwoord insluit. Jy kan ook kies om 'n foonnommer of betaalinligting by jou rekening te voeg. Jy kan dalk kies om inligting aan ons te verskaf – soos 'n e-posadres om opdaterings oor ons dienste te ontvang – selfs al is jy nie by 'n Google-rekening aangemeld nie.

Ons samel ook die inhoud in wat jy skep, oplaai of van ander mense af ontvang wanneer jy ons dienste gebruik. Dit sluit dinge in soos e-posse wat jy skryf en ontvang, foto's en video's wat jy stoor, dokumente en sigblaaie wat jy skep en opmerkings wat jy op YouTube-video's maak.

Inligting wat ons insamel as jy ons dienste gebruik

Jou programme, blaaiers en toestelle

Ons samel inligting in oor die programme, blaaiers en toestelle wat jy gebruik om by Google-dienste in te gaan. Dit help ons om kenmerke soos outomatiese produkopdaterings en die verdowwing van jou skerm as die batteryvlak laag is, te verskaf.

Die inligting wat ons insamel, sluit in unieke identifiseerders, blaaiersoort en -instellings, toestelsoort en -instellings, bedryfstelsel, selfoon network inligting, insluitend die diensverskaffernaam en foonnommer, en die program se weergawenommer. Ons samel ook inligting in oor die interaksie van jou programme, blaaiers en toestelle met ons dienste, insluitend IP-adres, omvalverslae, stelselaktiwiteit en die datum, tyd en verwyser-URL van jou versoek.

Ons samel hierdie inligting in wanneer 'n Google-diens op jou toestel ons bedieners kontak – byvoorbeeld, wanneer jy 'n program van die Play Winkel af installeer of wanneer 'n diens outomatiese opdaterings soek. As jy 'n Android-toestel met Google-programme gebruik, kontak jou toestel Google-bedieners van tyd tot tyd om inligting oor jou toestel en verbinding met ons dienste te verskaf. Hierdie inligting sluit dinge in soos jou toestelsoort, diensverskaffernaam, omvalverslae en watter programme jy geïnstalleer het.

Jou aktiwiteit

Ons samel inligting in oor jou aktiwiteit in ons dienste, wat ons dan gebruik om dinge te doen soos om 'n YouTube-video waarvan jy dalk sal hou, aan te beveel. Die aktiwiteitinligting wat ons insamel, kan insluit:

As jy ons dienste gebruik om oproepe te maak of te ontvang of boodskappe te stuur en te ontvang, kan ons telefonie-loglêerinligting insamel soos jou foonnommer, gespreksgenoot se nommer, ontvangerparty se nommer, aanstuurnommers, tyd en datum van oproepe en boodskappe, duur van oproepe, herleidinginligting en soorte oproepe.

Jy kan jou Google-rekening besoek om aktiwiteitinligting wat in jou rekening gestoor is, te vind en te bestuur.

Gaan na Google-rekening

Jou ligginginligting

Ons samel inligting oor jou ligging in wanneer jy ons dienste gebruik, wat ons help om kenmerke te bied soos rigtingaanwysings vir jou naweekuitstappie of vertoontye vir flieks wat in jou omgewing wys.

Jou ligging kan met mindere of meerdere mate van akkuraatheid bepaal word:

Die soort liggingdata wat ons insamel, hang deels van jou toestel- en rekeninginstellings af. Byvoorbeeld, jy kan jou Android-toestel se ligging aan- of afskakel deur die toestel se instellingsprogram te gebruik. Jy kan ook Ligginggeskiedenis aanskakel as jy 'n private kaart wil skep van waarheen jy met jou aangemelde toestelle gaan.


Google samel onder sekere omstandighede ook inligting oor jou in vanaf bronne wat publiek toeganklik is. Byvoorbeeld, as jou naam in die plaaslike koerant verskyn, kan Google se soekenjin daardie artikel indekseer en dit aan ander mense wys as hulle vir jou naam soek. Ons kan ook inligting oor jou insamel vanaf vertroude vennote, insluitend bemarkingsvennote wat aan ons inligting verskaf oor potensiële klante van ons besigheidsdienste, asook sekuriteitvennote wat aan ons inligting verskaf om ons teen misbruik te beskerm. Ons ontvang ook inligting van adverteerders af om advertensie- en navorsingdienste namens hulle te verskaf.

Ons gebruik verskeie tegnologieë om inligting in te samel en te berg, insluitend webkoekies, piekselmerkers, plaaslike berging soos blaaierwebberging of programdatakasgeheues, databasisse en bedienerloglêers.

Hoekom Google data insamel

Ons gebruik data om beter dienste te bou

Ons gebruik die inligting wat ons van al ons dienste af insamel vir die volgende doeleindes:

Om ons dienste te verskaf

Ons gebruik jou inligting om ons dienste te lewer, soos die verwerking van terme wat jy soek om resultate te verskaf of om jou te help om inhoud te deel deur ontvangers uit jou kontakte voor te stel.

Om ons dienste te onderhou en te verbeter

Ons gebruik ook jou inligting om seker te maak dat ons dienste werk soos dit moet, soos om diensonderbrekings of foutsporingkwessies wat jy by ons aanmeld, na te spoor. Ons gebruik ook ons inligting om ons dienste te verbeter – byvoorbeeld, as ons weet watter terme die meeste verkeerd gespel word, help dit ons om speltoetskenmerke oral in ons dienste te verbeter.

Om nuwe dienste te ontwikkel

Ons gebruik die inligting wat ons in bestaande dienste insamel om ons te help om nuwes te ontwikkel. Byvoorbeeld, om te verstaan hoe mense hul foto's in Picasa, Google se eerste foto's-program, georganiseer het, het ons gehelp om Google Foto's te ontwerp en bekend te stel.

Om persoonlike dienste, insluitend inhoud en advertensies, te verskaf

Ons gebruik die inligting wat ons insamel om ons dienste vir jou te pasmaak, insluitend om aanbevelings, gepersonaliseerde inhoud en gepasmaakte soekresultate te verskaf. Byvoorbeeld, Sekuriteitkontrolering verskaf sekuriteitwenke wat aangepas is by hoe jy jou Google-produkte gebruik. Google Play gebruik ook inligting soos programme wat jy geïnstalleer het en video's wat jy op YouTube gekyk het om nuwe programme waarvan jy dalk sal hou, voor te stel.

Ons kan na gelang van jou instellings ook vir jou gepersonaliseerde advertensies gegrond op jou belangstellings wys. Byvoorbeeld, as jy vir "bergfietse" soek, kan jy dalk 'n advertensie vir sporttoerusting sien wanneer jy deur 'n werf blaai wat advertensies wys wat deur Google gelewer word. Jy kan jou advertensie-instellings besoek om te beheer watter inligting ons gebruik om vir jou advertensies te wys.

  • Ons wys nie vir jou gepersonaliseerde advertensies wat op sensitiewe kategorieë soos ras, geloof, seksuele oriëntasie of gesondheid gegrond is nie.
  • Tensy jy ons versoek, deel ons nie inligting soos jou naam of e-posadres wat jou persoonlik by adverteerders identifiseer nie. Byvoorbeeld, as jy 'n advertensie vir 'n nabygeleë blommewinkel sien en die “tik om te bel”-knoppie kies, sal ons jou oproep deurskakel en dalk jou foonnommer vir die blommewinkel gee.

Om na Advertensie-instellings te gaan

Om werkverrigting te meet

Ons gebruik data vir ontleding en meting om te verstaan hoe ons dienste gebruik word. Byvoorbeeld, ons ontleed data oor jou besoeke aan ons werwe om dinge te doen soos om ons produkontwerp te optimeer. Ons gebruik ook data oor die advertensies waarop jy reageer om adverteerders te help verstaan hoe hulle veldtogte vaar. Ons gebruik 'n verskeidenheid nutsgoed, insluitend Google Analytics, om dit te doen. Wanneer jy werwe besoek wat Google Analytics gebruik, kan Google en 'n Google Analytics-klant dalk inligting oor jou aktiwiteit van daardie werf af met aktiwiteit vanaf ander werwe wat ons advertensiedienste gebruik, verbind.

Om met jou te kommunikeer

Ons gebruik inligting wat ons insamel, soos jou e-posadres, om regstreekse interaksie met jou te hê. Byvoorbeeld, ons kan dalk 'n kennisgewing vir jou stuur as ons verdagte aktiwiteit bespeur, soos 'n poging om van 'n ongewone ligging af by jou Google-rekening aan te meld. Of ons kan jou in kennis stel van komende veranderinge of verbeteringe aan ons dienste. En as jy Google kontak, sal ons rekord hou van jou versoek om jou te help om enige kwessies wat jy dalk ervaar, op te los.

Om Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm

Ons gebruik inligting om die veiligheid en betroubaarheid van ons dienste te help verbeter. Dit sluit in die bespeuring en voorkoming van en optrede teen bedrog, misbruik, sekuriteitrisiko's en tegniese kwessies wat Google, ons gebruikers of die publiek skade kan berokken.


Ons gebruik verskillende tegnologieë om jou inligting vir hierdie doeleindes te verwerk. Ons gebruik geoutomatiseerde stelsels wat jou inhoud ontleed om dinge soos gepasmaakte soekresultate, gepersonaliseerde advertensies of ander kenmerke wat aangepas is by hoe jy ons dienste gebruik, te verskaf. En ons ontleed jou inhoud om ons te help om misbruik te bespeur, soos strooipos, wanware en onwettige inhoud. Ons gebruik ook algoritmes om patrone in data te herken. Byvoorbeeld, Google Vertaal help mense om oor tale heen te kommunikeer deur gemeenskaplike taalpatrone in frases wat jy dit vra om te vertaal, te bespeur.

Ons sal dalk die inligting wat ons insamel, kombineer tussen ons dienste en oral op jou toestelle vir die doeleindes hierbo beskryf. Byvoorbeeld, as jy na video's van kitaarspelers op YouTube kyk, kan jy dalk 'n advertensie vir kitaarlesse op 'n werf wat ons produkte gebruik, sien. Na gelang van jou rekeninginstellings kan jou aktiwiteit op ander werwe en programme dalk met jou persoonlike inligting geassosieer word om Google se dienste en die advertensies wat deur Google gelewer word, te verbeter.

As ander gebruikers reeds jou e-posadres of ander inligting wat jou identifiseer, het, kan ons jou Google-rekeninginligting wat publiek sigbaar is, soos jou naam en foto, vir hulle wys. Dit help mense om byvoorbeeld 'n e-pos wat van jou af kom, te identifiseer.

Ons sal jou toestemming vra voordat ons inligting vir 'n doel wat nie in die privaatheidsbeleid gedek is nie, gebruik.

Jou privaatheidkontroles

Jy het keuses ten opsigte van die inligting wat ons insamel en hoe dit gebruik word

Hierdie afdeling beskryf sleutelkontroles om jou privaatheid oral in ons dienste te bestuur. Jy kan ook die Privaatheidskontrole besoek waar jy 'n geleentheid het om belangrike privaatheidinstellings na te gaan en aan te pas. Benewens hierdie nutsgoed bied ons ook spesifieke privaatheidinstellings in ons produkte – jy kan meer te wete kom in ons Produkprivaatheidgids.

Gaan na Privaatheidskontrole

Bestuur, hersien en dateer jou inligting op

Wanneer jy aangemeld is, kan jy altyd inligting nagaan en opdateer deur die dienste wat jy gebruik, te besoek. Byvoorbeeld, Foto's en Drive is albei ontwerp om jou te help om spesifieke soort inhoud wat jy in Google gestoor het, te bestuur.

Ons het ook 'n plek gebou waar jy inligting wat jy in jou Google-rekening gestoor het, kan nagaan en beheer. Jou Google-rekening sluit in:

Privaatheidkontroles

Aktiwiteitkontroles

Besluit watter soort aktiwiteit jy in jou rekening wil stoor. Byvoorbeeld, jy kan Ligginggeskiedenis aanskakel as jy verkeersvoorspellings vir jou daaglikse pendelreis wil hê, of jy kan jou YouTube-kykgeskiedenis stoor om beter videovoorstelle te kry.

Gaan na Aktiwiteitkontroles

Advertensie-instellings

Bestuur jou voorkeure oor die advertensies wat vir jou gewys word op Google en op ander werwe en programme wat met Google saamwerk om advertensies te wys. Jy kan jou belangstellings wysig, kies of jou persoonlike inligting gebruik word om advertensies meer relevant vir jou te maak, en sekere advertensiedienste aan- of afskakel.

Om na Advertensie-instellings te gaan

Meer oor jou

Beheer wat ander mense oral in Google-dienste oor jou sien.

Gaan na Meer oor jou

Gedeelde bekragtigings

Kies of jou naam en foto langs jou aktiwiteit verskyn, soos resensies en aanbevelings wat in advertensies verskyn.

Gaan na Gedeelde Bekragtigings

Inligting wat jy deel

As jy 'n G Suite-gebruiker is, kan jy beheer met wie jy inligting deel deur jou Google+ rekening.

Gaan na inligting wat jy deel

Maniere om jou inligting na te gaan en op te dateer

My Aktiwiteit

My Aktiwiteit stel jou in staat om data wat geskep word wannneer jy Google-dienste gebruik, soos soektogte wat jy met jou besoeke aan Google Play gedoen het, na te gaan en te beheer. Jy kan volgens datum en onderwerp blaai en 'n deel van of al jou aktiwiteit uitvee.

Gaan na My Aktiwiteit

Google Dashboard

Google Dashboard stel jou in staat om inligting wat met spesifieke produkte geassosieer word, te bestuur.

Gaan na Dashboard

Jou persoonlike inligting

Bestuur jou kontakinligting, soos jou naam, e-posadres en foonnommer.

Gaan na persoonlike inligting

Wanneer jy afgemeld is, kan jy inligting bestuur wat met jou blaaier of toestel geassosieer word, insluitend:

  • Afgemelde soekpersonalisering: Kies of jou soekaktiwiteit gebruik word om aan jou meer relevante resultate en aanbevelings te bied.
  • YouTube-instellings: Laat wag en vee jou YouTube-soekgeskiedenis en jou YouTube-kykgeskiedenis uit.
  • Advertensie-instellings: Bestuur jou voorkeure oor die advertensies wat vir jou gewys word op Google en op werwe en programme wat met Google saamwerk om advertensies te wys.

Om jou inligting uit te voer, te verwyder of uit te vee

Jy kan 'n kopie van inhoud in jou Google-rekening uitvoer as jy dit wil rugsteun of dit saam met 'n diens buite Google wil gebruik.

Voer jou data uit

Op grond van toepaslike wetgewing kan jy ook versoek om inhoud te verwyder uit spesifieke Google-dienste.

Om jou inligting uit te vee, kan jy:

Jou inligting uitvee

En laastens, Bestuurder vir onaktiewe rekeninge stel jou in staat om iemand anders toegang tot dele van jou Google-rekening te gee in geval jy onverwags nie jou rekening kan gebruik nie.


Daar is ander maniere om die inligting wat Google insamel, te beheer – of jy by 'n Google-rekening aangemeld is of nie – insluitend:

  • Blaaierinstellings: Byvoorbeeld, jy kan jou blaaier opstel om aan te dui wanneer Google 'n webkoekie in jou blaaier gestel het. Jy kan ook jou blaaier opstel om alle webkoekies van 'n spesifieke domein of alle domeine af te blok. Onthou egter dat ons dienste op webkoekies staatmaak om behoorlik te funksioneer, soos om dinge soos jou taalvoorkeure te onthou.
  • Toestelvlakinstellings: Jou toestel kan dalk kontroles hê wat bepaal watter inligting ons insamel. Jy kan byvoorbeeld ligginginstellings op jou Android-toestel wysig.

Deel jou inligting

Wanneer jy jou inligting deel

Baie van ons dienste laat toe dat jy jou inligting met ander mense deel, én jy het beheer oor hoe jy dit deel. Byvoorbeeld, jy kan video's publiek op YouTube deel of jy kan besluit om jou video's privaat te hou. Onthou, wanneer jy inligting publiek deel, kan jou inhoud deur soekenjins, insluitend Google Search, toeganklik word.

Wanneer jy aangemeld is en met sekere Google-dienste interaksie het, soos om opmerkings op 'n YouTube-video te maak of 'n program in Play te resenseer, verskyn jou naam en foto langs jou aktiwiteit. Na gelang van jou Gedeelde bekragtigings-instelling kan ons hierdie inligting ook in advertensies vertoon.

Wanneer Google jou inligting deel

Ons deel nie jou persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google nie, behalwe in die volgende gevalle:

Met jou toestemming

Ons sal persoonlike inligting buite Google deel as ons jou toestemming het. Byvoorbeeld, as jy Google Home gebruik om 'n bespreking te maak deur 'n besprekingdiens, sal ons jou toestemming kry voordat ons jou naam of foonnommer met die restaurant deel. Ons sal vir jou uitdruklike toestemming vra om enige sensitiewe persoonlike inligting te deel.

Met domeinadministrateurs

As jy 'n student is of vir 'n organisasie werk wat Google-dienste (soos G Suite) gebruik, sal jou domeinadministrateur en herverkopers wat jou rekening bestuur, by jou Google-rekening kan ingaan. Hulle kan dalk:

  • Ingaan by inligting wat in jou rekening gestoor is en dit behou, soos jou e-posadres
  • Statistieke rakende jou rekening bekyk, soos hoeveel programme jy installeer
  • Jou rekeningwagwoord verander
  • Jou rekeningtoegang opskort of beëindig
  • Jou rekeninginligting ontvang om aan die toepaslike wetgewing, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen
  • Jou vermoë beperk om jou inligting of privaatheidinstellings uit te vee of te wysig

Vir eksterne verwerking

Ons verskaf persoonlike inligting aan ons geaffilieerdes en ander vertroude besighede of persone om dit vir ons te verwerk, gegrond op ons instruksies en in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid en ander relevante vertroulikheids- en sekuriteitmaatreëls. Ons gebruik byvoorbeeld diensverskaffers om ons met kliëntediens te help.

Weens wetlike redes

Ons sal persoonlike inligting buite Google deel as ons in goeie trou glo dat die toegang, gebruik, bewaring of openbaarmaking van die inligting redelikerwys nodig is om:

  • Aan enige toepaslike wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen. Ons deel inligting oor die aantal en soort versoeke wat ons van regerings af ontvang in ons deursigtigheidverslag.
  • Relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na potensiële oortredings.
  • Bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteit- of tegniese kwessies reg te stel.
  • Te beskerm teen benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek, soos deur die wet vereis of toegelaat.

Ons kan inligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie met die publiek en ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders, ontwikkelaars of regtehouers. Ons deel byvoorbeeld inligting met die publiek om neigings oor die algemene gebruik van ons dienste te wys. Ons laat ook spesifieke vennote toe om inligting vanaf jou blaaier of toestel vir advertensie- en metingdoeleindes in te samel deur hul eie webkoekies of soortgelyke tegnologieë te gebruik.

As Google betrokke is in ’n samesmelting, oorname of verkope van bates, sal ons voortgaan om die vertroulikheid van jou persoonlike inligting te verseker en aan die betrokke gebruikers kennis gee voordat persoonlike inligting oorgedra word of onderhewig word aan ’n ander privaatheidsbeleid.

Hou jou inligting veilig

Ons bou sekuriteit in ons dienste in om jou inligting te beskerm

Alle Google-produkte word gebou met sterk sekuriteitskenmerke wat jou inligting deurlopend beskerm. Die insigte wat ons deur die instandhouding van ons dienste kry, help ons om sekuriteitsgevare te bespeur en outomaties te blokkeer sodat hulle jou nooit bereik nie. As ons wel iets riskant bespeur wat ons dink jy van moet weet, sal ons jou in kennis stel en jou deur stappe begelei om jouself beter te beskerm.

Ons werk hard om jou en Google te beskerm teen ongemagtigde toegang, verandering, openbaarmaking of vernietiging van inligting waaroor ons beskik, insluitend:

  • Ons gebruik enkripsie om jou data privaat te hou terwyl dit oorgedra word
  • Ons bied 'n reeks sekuriteitkenmerke, soos Veiligblaai, Sekuriteitkontrolering en 2-step-verifikasie om jou rekening te help beskerm
  • Ons hersien ons praktyk oor die insameling, berging en verwerking van inligting, insluitend fisieke sekuriteitmaatreëls, om ongemagtigde toegang tot ons stelsels te verhoed
  • Ons beperk toegang tot persoonlike inligting tot werknemers, kontrakteurs en agente van Google wat dié inligting nodig het om dit te kan verwerk. Enigeen met hierdie toegang is onderworpe aan streng kontraktuele vertroulikheidvereistes en kan gedissiplineer of afgedank word as hulle nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

Voer jou inligting in of vee dit uit

Jy kan enige tyd 'n kopie van jou inligting uitvoer of dit van jou Google-rekening af uitvee

Jy kan 'n kopie van inhoud in jou Google-rekening uitvoer as jy dit wil rugsteun of dit saam met 'n diens buite Google wil gebruik.

Voer jou data uit

Om jou inligting uit te vee, kan jy:

Jou inligting uitvee

Behou jou inligting

Ons behou die data wat ons insamel vir verskillende tydperke na gelang van wat dit is, hoe ons dit gebruik en hoe jy jou instellings opstel:

  • Sommige data kan jy uitvee wanneer jy wil, soos die inhoud wat jy skep of oplaai. Jy kan ook aktiwiteitinligting wat in jou rekening gestoor is, uitvee of kies dat dit outomaties ná 'n vasgestelde tydperk uitgevee word.
  • Ander data word outomaties ná 'n vasgestelde tydperk uitgevee of anoniem gemaak, soos advertensiedata in bedienerloglêers.
  • Ons hou sekere data totdat jy jou Google-rekening uitvee, soos inligting oor hoe dikwels jy ons dienste gebruik.
  • En sekere data kan ons vir langer tydperke behou wanneer dit vir legitieme besigheids- of regsdoeleindes nodig is, soos sekuriteit, bedrog- en misbruikvoorkoming, óf finansiële rekordhouding.

Wanneer jy data uitvee, volg ons 'n uitveebeleid om seker te maak dat jou data veilig en heeltemal van ons bedieners af verwyder is of net in 'n anonieme vorm behou is. Ons probeer verseker dat ons dienste jou inligting beskerm sodat dit nie per ongeluk of kwaadwillig uitgevee word nie. As gevolg hiervan kan daar vertragings wees tussen wanneer jy iets uitvee en wanneer kopieë van ons aktiewe en rugsteunstelsels uitgevee word.

Jy kan meer oor Google se databehoudtydperke lees, insluitend hoe lank dit neem om jou inligting uit te vee.

Voldoening en samewerking met reguleerders

Ons hersien gereeld hierdie privaatheidsbeleid en maak seker dat ons jou inligting op maniere verwerk wat daaraan voldoen.

Data-oordragte

Ons onderhou bedieners oor die hele wêreld en jou inligting kan op bedieners buite die land waar jy woon, verwerk word. Databeskermingwette verskil tussen lande, met party wat meer beskerming as ander bied. Ongeag van waar jou inligting verwerk word, sal ons dieselfde beskermings as wat in hierdie beleid beskryf word, toepas. Ons voldoen ook aan sekere wetlike raamwerke wat met die oordrag van data verband hou, soos die EU-VSA- en Switserland-VSA-privaatheidbeskermingraamwerke.

Wanneer ons formele geskrewe klagte ontvang, antwoord ons deur die persoon te kontak wat die klag ingedien het. Ons werk met die relevante reguleringsowerhede, insluitend plaaslike databeskermingsowerhede, saam om enige klagte oor die oordrag van jou data op te los wat ons nie direk met jou kan oplos nie.

Meer oor hierdie beleid

Wanneer hierdie beleid van toepassing is

Die privaatheidsbeleid is van toepassing op al die dienste wat Google LLC en sy geaffilieerdes aanbied, insluitend YouTube, Android en dienste wat op derdepartywerwe soos advertensiedienste aangebied word. Hierdie privaatheidsbeleid is nie van toepassing op dienste wat afsonderlike privaatheidsbeleide het wat nie hierdie privaatheidsbeleid insluit nie.

Hierdie privaatheidsbeleid is nie van toepassing op die volgende nie:

  • Die inligtingpraktyke van ander maatskappye en organisasies wat ons dienste adverteer
  • Dienste wat deur ander maatskappye of individue aangebied word, insluitend produkte of werwe wat Google-dienste kan insluit, in jou soekresultate vertoon kan word of waaraan daar van ons dienste af gekoppel kan word.

Veranderinge aan hierdie beleid

Ons verander hierdie privaatheidsbeleid van tyd tot tyd. Ons sal nie jou regte ingevolge hierdie privaatheidsbeleid inkort sonder jou uitdruklike toestemming nie. Ons dui altyd die datum aan waarop die mees onlangse veranderinge gepubliseer is en ons bied toegang tot geargiveerde weergawes wat jy kan nagaan. As die veranderinge beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing verskaf (insluitend ’n kennisgewing via e-pos van veranderinge aan die privaatheidsbeleid vir sekere dienste).

Soortgelyke privaatheidpraktyke

Spesifieke Google-dienste

Die volgende privaatheidkennisgewings voorsien bykomende inligting oor sommige Google-dienste:

Ander nuttige hulpbronne

Die volgende skakels lig nuttige hulpbronne uit waar jy meer oor ons praktyke en privaatheidinstellings te wete kan kom.

advertensies wat vir jou die nuttigste sal wees

Byvoorbeeld, as jy video's oor bak op YouTube kyk, kan jy meer advertensies sien wat met bak te doen het wanneer jy deur die web blaai. Ons kan jou huidige IP-adres gebruik om jou benaderde ligging te bepaal sodat ons vir jou advertensies vir 'n nabygeleë pizza-afleweringsdiens kan wys as jy vir "pizza" soek. Kom meer te wete oor Google-advertensies en waarom jy spesifieke advertensies kan sien.

die mense wat aanlyn die meeste vir jou saak maak

Byvoorbeeld, wanneer jy 'n adres in die To-, Cc- of Bcc-veld invoer van 'n e-pos wat jy saamstel, sal Gmail-adresse voorstel op grond van die mense wat jy die meeste kontak.

foonnommer

As jy jou foonnommer by jou rekening voeg, kan dit na gelang van jou instellings oral in Google-dienste vir verskillende doeleindes gebruik word. Byvoorbeeld, jou foonnommer kan gebruik word om jou te help om toegang tot jou rekening te kry as jy jou wagwoord vergeet, mense te help om jou te vind en met jou in verbinding te tree, en die advertensies wat jy sien relevanter te maak. Kom meer te wete

betaalinligting

Byvoorbeeld, as jy 'n kredietkaart of ander betaalmetode by jou Google-rekening voeg, kan jy dit gebruik om oral in ons dienste dinge te koop, soos programme in die Play Winkel. Ons kan ook vir ander inligting vra, soos 'n besigheidsbelasting-ID om jou betaling te help verwerk. In sommige gevalle sal ons dalk ook jou identiteit moet verifieer en kan ons jou vir inligting vra om dit te doen.

Ons kan ook betaalinligting gebruik om te verifieer of jy aan ouderdomvereistes voldoen, as jy byvoorbeeld 'n verkeerde geboortedag invoer wat aandui dat jy nie oud genoeg is om 'n Google-rekening te hê nie. Kom meer te wete

toestelle

Byvoorbeeld, ons kan inligting van jou toestelle af gebruik om jou te help besluit watter toestel jy wil gebruik om 'n program te installeer of 'n fliek te kyk wat jy by Google Play koop. Ons gebruik ook hierdie inligting om jou rekening te beskerm.

Android-toestel met Google-programme

Android-toestelle met Google-programme sluit toestelle in wat deur Google of een van ons vennote verkoop word, en sluit fone, kameras, voertuie, drabare toestelle en televisies in. Hierdie toestelle gebruik Google Play Dienste en ander voorafgeïnstalleerde programme wat dienste insluit soos Gmail, Maps, jou foon se kamera en foonbeller, teks-na-spraak-omskakeling, sleutelbordinvoer en sekuriteitkenmerke.

Kyke en interaksies met inhoud en advertensies

Byvoorbeeld, ons samel inligting in oor kyke en interaksies met advertensies sodat ons gesamentlike verslae aan adverteerders kan voorsien, soos om hulle in te lig of ons hul advertensie op 'n bladsy gewys het en of dit waarskynlik is dat kykers die advertensie sou sien. Ons kan dalk ook ander interaksies meet, soos hoe jy jou muis oor 'n advertensie beweeg en of jy op die bladsy waarop die advertensie verskyn, reageer.

gesinkroniseer met jou Google-rekening

Jou Chrome-blaaigeskiedenis word net in jou rekening gestoor as jy Chrome-sinkronisering met jou Google-rekening geaktiveer het. Kom meer te wete

dienste om oproepe te maak en te ontvang of boodskappe te stuur en te ontvang

Voorbeelde van hierdie dienste sluit in:

  • Google Hangouts, om binnelandse en internasionale oproepe te maak
  • Google Voice, om oproepe te maak, SMS'e te stuur en stemboodskapdiens te bestuur
  • Google Fi, vir 'n foonplan

Sensordata van jou toestel af

Jou toestel kan sensors hê wat gebruik kan word om jou ligging en beweging beter te volg. Byvoorbeeld, 'n versnellingsmeter kan gebruik word om jou spoed te bepaal en 'n giroskoop om uit te werk in watter rigting jy beweeg.

inligting oor dinge naby aan jou toestel

As jy Google-liggingdienste op Android gebruik, kan ons die werkverrigting van programme wat op jou ligging staatmaak, soos Google Maps, verbeter. As jy Google-liggingdienste gebruik, stuur jou toestel inligting na Google oor sy ligging, sensors (soos versnellingsmeter) en nabygeleë selfoontorings en Wi-Fi-toegangspunte (soos MAC-adres en seinsterkte). Al hierdie dinge help om jou ligging te bepaal. Jy kan jou toestelinstellings gebruik om Google-liggingdienste te aktiveer. Kom meer te wete

bronne wat aan die publiek toeganklik is

Byvoorbeeld, ons kan inligting wat openbaar beskikbaar is aanlyn of van ander publieke bronne af insamel om Google se taalmodelle te help oplei en kenmerke soos Google Vertaal te bou.

beskerm teen misbruik

Byvoorbeeld, inligting oor sekuriteitgevare kan ons help om jou in kennis te stel as ons dink jou rekening is gekompromitteer (op welke tydstip ons jou dan kan help om stappe te neem om jou rekening te beskerm).

advertensie- en navorsingsdienste namens hulle

Byvoorbeeld, adverteerders kan data van hul lojaliteitkaartprogramme af oplaai sodat hulle 'n beter begrip het van hoe hulle advertensieveldtogte vaar. Ons verskaf net saamgestelde verslae aan adverteerders wat nie inligting oor individue openbaarmaak nie.

lewer ons dienste

Voorbeelde van hoe ons jou inligting gebruik om ons dienste te lewer, sluit in:

  • Ons gebruik die IP-adres wat aan jou toestel toegewys is om die data wat jy versoek het vir jou te stuur, soos om 'n YouTube-video te laai
  • Ons gebruik unieke identifiseerders wat in webkoekies op jou toestel geberg is om ons te help om te staaf dat jy die persoon is wat toegang tot jou Google-rekening moet kry
  • Foto's en video's wat jy na Google Foto's oplaai, word gebruik om jou te help om albums, animasies en ander skeppings wat jy kan deel, te skep. Kom meer te wete
  • 'n Vlugbevestiging-e-pos wat jy ontvang, kan gebruik word om 'n "aanmeld"-knoppie te skep wat in jou Gmail verskyn
  • Wanneer jy dienste of tasbare goedere by ons koop, kan jy inligting soos jou versendingsadres of afleweringsinstruksies aan ons verskaf. Ons gebruik hierdie inligting vir dinge soos die verwerking, uitvoering en aflewering van jou bestelling en om steun te bied in verband met die produk of diens wat jy koop.

maak seker ons dienste werk soos hulle moet

Byvoorbeeld, ons monitor ons stelsels deurlopend om vir probleme te kyk. En as ons dan iets verkeerd kry met 'n spesifieke kenmerk, stel die nagaan van aktiwiteitinligting voordat die probleem begin het, ons in staat om dinge vinniger reg te stel.

bring verbeterings aan

Ons gebruik byvoorbeeld webkoekies om te ontleed hoe mense ons dienste gebruik. En dié ontleding kan ons help om beter produkte te bou. Byvoorbeeld, dit kan ons help ontdek dat dit mense te lank neem om 'n sekere taak te voltooi of dat hulle stappe glad nie kan klaarmaak nie. Ons kan daardie kenmerk dan herontwerp en die produk vir almal verbeter.

Byvoorbeeld, wanneer jy by jou Google-rekening aangemeld is en die Web- en Programaktiwiteitkontrole geaktiveer is, kan jy meer relevante soekresultate kry wat op jou vorige soektogte en aktiwiteit van ander Google-dienste gegrond is. Jy kan meer hier te wete kom. Jy kan ook gepasmaakte soekresultate kry selfs wanneer jy afgemeld is. As jy nie hierdie vlak van soekpasmaking wil hê nie, kan jy privaat soek en blaai of afgemelde soekpersonalisering afskakel.

gepersonaliseerde advertensies

Jy kan ook gepersonaliseerde advertensies gegrond op inligting van die adverteerder af sien. As jy byvoorbeeld op die adverteerder se webwerf inkopies gedoen het, kan hulle daardie besoek gebruik om vir jou advertensies te wys. Kom meer te wete

sensitiewe kategorieë

Wanneer ons vir jou gepersonaliseerde advertensies wys, gebruik ons onderwerpe waarin ons dink jy dalk sal belangstel, gegrond op jou aktiwiteit. Jy kan byvoorbeeld advertensies vir dinge soos "Kosmaak en resepte" of "Lugreise” sien. Ons gebruik nie onderwerpe of wys nie gepersonaliseerde advertensies gegrond op sensitiewe kategorieë soos ras, godsdiens, seksuele oriëntasie of gesondheid nie. En ons verwag dieselfde van adverteerders wat ons dienste gebruik.

Google Analytics maak staat op eerstepartywebkoekies, wat beteken die webkoekies word deur die Google Analytics-kliënt ingestel. Deur ons stelsels te gebruik, kan data wat deur Google Analytics gelewer word deur die Google Analytics-kliënt en deur Google gekoppel word aan derdepartywebkoekies wat verband hou met besoeke aan ander webwerwe. Byvoorbeeld, 'n adverteerder wil dalk sy Google Analytics-data gebruik om meer relevante advertensies te skep of om sy verkeer verder te ontleed. Kom meer te wete

veiligheid en betroubaarheid

'n Paar voorbeelde van hoe ons jou inligting gebruik om te help om ons dienste veilig en betroubaar te hou, sluit in:

  • Insameling en ontleding van IP-adresse en webkoekiedata om teen geoutomatiseerde misbruik te beskerm. Die misbruik het baie gedaantes, soos om strooipos aan Gmail-gebruikers te stuur, geld by adverteerders te steel deur op bedrieglike wyse op advertensies te klik of om inhoud te sensor deur 'n Verspreide Diensontsegging (DDoS)-aanval.
  • Die “laaste rekeningaktiwiteit”-kenmerk in Gmail kan jou help om uit te vind of en wanneer iemand sonder jou wete by jou e-pos ingegaan het. Hierdie kenmerk wys vir jou inligting oor onlangse aktiwiteit, soos die IP-adresse wat toegang tot jou pos verkry het, die geassosieerde ligging asook die tyd en datum. Kom meer te wete

spoor misbruik op

Wanneer ons strooipos, wanware, onwettige inhoud en ander vorme van misbruik wat ons beleid oortree op ons stelsels bespeur, kan ons jou rekening deaktiveer of ander gepaste stappe neem. Onder sekere omstandighede kan ons die oortreding ook aan die relevante owerhede rapporteer.

kombineer die inligting wat ons insamel

'n Paar voorbeelde van hoe ons die inligting kombineer wat ons insamel, sluit in:

  • Wanneer jy by jou Google-rekening aangemeld is en 'n soektog op Google doen, kan jy soekresultate van die publieke web af sien saam met relevante inligting uit die inhoud wat jy in ander Google-produkte het, soos Gmail of Google Kalender. Dit kan dinge insluit soos die status van jou komende vlugte, restaurant- en hotelbesprekings of jou foto's. Kom meer te wete
  • As jy via Gmail met iemand gekommunikeer het en die persoon by 'n Google Dokument of 'n geleentheid in Google Kalender wil voeg, maak Google dit maklik om dit te doen deur die e-posadres te outovoltooi wanneer jy die naam begin invoer. Hierdie kenmerk maak dit makliker om dinge te deel met mense wat jy ken. Kom meer te wete
  • Die Google-program kan na gelang van jou instellings data wat jy in ander Google-produkte geberg het, gebruik om vir jou gepersonaliseerde inhoud te wys. Byvoorbeeld, as jy van jou soektogte in jou Web- en Programaktiwiteit geberg het, kan die Google-program vir jou nuusberigte en ander inligting oor jou belangstellings soos sporttellings wys, gegrond op jou aktiwiteit. Kom meer te wete
  • As jy jou Google-rekening aan jou Google Home koppel, kan jy jou inligting bestuur en dinge deur die Google Assistent gedoen kry. Byvoorbeeld, jy kan geleenthede by jou Google Kalender voeg of jou skedule vir die dag kry, vir opdaterings oor die status van jou komende vlug vra of inligting soos rigtingaanwysings na jou foon stuur. Kom meer te wete

jou aktiwiteit op ander werwe en programme

Hierdie aktiwiteit kan kom van jou gebruik van Google-dienste, soos van die sinkronisering van jou rekening met Chrome of van jou besoeke aan werwe en programme wat met Google saamwerk. Baie webwerwe en programme werk saam met Google om hul inhoud en dienste te verbeter. Byvoorbeeld, 'n webwerf kan dalk ons advertensiedienste (soos AdSense) of ontledingnutsgoed (soos Google Analytics) gebruik, of dit kan ander inhoud inbed (soos video's op YouTube). Hierdie dienste kan inligting oor jou aktiwiteit met Google deel en na gelang van jou rekeninginstellings en die produkte wat gebruik word (byvoorbeeld, wanneer 'n vennoot Google Analytics saam met ons advertensiedienste gebruik), kan hierdie data dalk met jou persoonlike inligting geassosieer word.

Kom meer te wete oor hoe Google data gebruik wanneer jy ons vennote se werwe of programme gebruik.

werk saam met Google

Daar is meer as 2 miljoen nie-Google-webwerwe en -programme wat met Google saamwerk om advertensies te wys. Kom meer te wete

spesifieke Google-dienste

Byvoorbeeld, jy kan jou blog van Blogger af of 'n Google-werf wat jy besit van Google Sites af uitvee. Jy kan ook resensies wat jy op programme, speletjies en ander inhoud in die Play Winkel geplaas het, uitvee.

maak op webkoekies staat om behoorlik te funksioneer

Ons gebruik byvoorbeeld 'n webkoekie genaamd "lbcs" wat dit vir jou moontlik maak om talle Google Dokumente in een blaaier oop te maak. As jy hierdie webkoekie blokkeer, sal Google Dokumente nie kan werk soos dit moet nie. Kom meer te wete

Soos ander tegnologie- en kommunikasiemaatskappye ontvang Google gereeld versoeke van regerings en howe van oor die hele wêreld om gebruikerdata openbaar te maak. Respek vir die privaatheid en sekuriteit van data wat jy by Google berg, vorm die grondslag van ons benadering om aan hierdie regsversoeke te voldoen. Ons regspan gaan elke versoek na, ongeag watter soort dit is, en ons bied gereeld teenstand wanneer 'n versoek te wyd lyk of nie die korrekte proses volg nie. Kom meer te wete in ons Deursigtigheidverslag.

Wanneer baie mense vir iets begin soek, kan dit nuttige inligting oor bepaalde neigings op daardie tydstip bied. Google Neigings ontleed Google-websoektogte om die gewildheid van soektogte wat oor 'n sekere tydperk gedoen is, te beraam en deel daardie resultate publiek in saamgestelde terme. Kom meer te wete

spesifieke vennote

Byvoorbeeld, ons laat YouTube-skeppers en -adverteerders toe om saam met metingmaatskappye te werk om met gebruik van webkoekies of soortgelyke tegnologieë meer te wete te kom oor die gehoor van hul YouTube-video's of -advertensies. Nog 'n voorbeeld is handelaars op ons inkopiebladsye wat webkoekies gebruik om vas te stel hoeveel verskillende mense hul produklysinskrywings sien. Kom meer te wete oor hierdie vennote en hoe hulle jou inligting gebruik.

bedieners oor die hele wêreld

Byvoorbeeld, ons bedryf datasentrums wat oor die hele wêreld geleë is om te help om ons produkte deurlopend vir gebruikers beskikbaar te hou.

derde partye

Byvoorbeeld, ons verwerk jou inligting om aan regtehouers gebruikstatistieke oor hoe hul inhoud in ons dienste gebruik is, te rapporteer. Ons kan ook jou inligting verwerk as mense vir jou naam soek en ons vertoon soekresultate vir werwe wat inligting oor jou bevat wat publiek beskikbaar is.

gepaste beveiligings

Byvoorbeeld, ons kan data anoniem maak of data enkripteer om seker te maak dat dit nie aan ander inligting oor jou verbind word nie. Kom meer te wete

verseker en verbeter

Byvoorbeeld, ons ontleed hoe mense op advertensies reageer om die prestasie van ons advertensies te verbeter.

Pasmaking van ons dienste

Byvoorbeeld, ons kan 'n Google-logoskets op die Search-tuisblad vertoon om 'n geleentheid wat eie aan jou land is, te vier.

Affiliate

'n Geaffilieerde maatskappy is 'n entiteit wat aan die Google-maatskappyegroep behoort, insluitend die volgende maatskappye wat verbruikerdienste in die EU lewer: Google Ireland Limited, Google Commerce Ltd, Google Payment Corp en Google Dialer Inc. Kom meer te wete oor die maatskappye wat besigheiddienste in die EU lewer.

Algoritme

'n Proses of stel reëls wat 'n rekenaar volg om probleemoplossingbewerkings uit te voer.

Aansoekdatakas

'n Aansoekdatakas is 'n databewaarplek op 'n toestel. Dit kan 'n webprogram byvoorbeeld in staat stel om sonder 'n internetverbinding te werk en die vertoning van die program verbeter deur dit moontlik te maak om inhoud vinniger te laai.

Blaaierwebberging

Blaaierwebberging stel webwerwe in staat om data in 'n blaaier op 'n toestel te berg. Wanneer dit in "plaaslike berging"-modus gebruik word, maak dit dit moontlik om data oor sessies heen te berg. Dit maak dat die data opgehaal kan word selfs nadat die blaaier toegemaak en weer oopgemaak is. HTML 5 is een soort tegnologie wat webberging moontlik maak.

Webkoekies en soortgelyke tegnologieë

'n Webkoekie is 'n klein lêer wat 'n string karakters bevat wat na jou rekenaar toe gestuur word wanneer jy 'n webwerf besoek. Wanneer jy die werf weer besoek, stel die webkoekie daardie werf in staat om jou blaaier te herken. Webkoekies kan gebruikervoorkeure en ander inligting stoor. Jy kan jou blaaier opstel om alle webkoekies te weier of om aan te dui wanneer 'n webkoekie gestuur word. Sommige webwerfkenmerke of -dienste sal egter dalk nie sonder webkoekies behoorlik funksioneer nie. Kom meer te wete oor hoe Google webkoekies gebruik en hoe Google data, insluitend webkoekies, gebruik wanneer jy ons vennote se werwe of programme gebruik.

Toestel

'n Toestel is 'n rekenaar wat gebruik kan word om toegang tot Google-dienste te kry. Byvoorbeeld, rekenaars, tablette, slimluidsprekers en slimfone word almal as toestelle beskou.

Niepersoonlik identifiseerbare inligting

Dit is inligting wat oor gebruikers aangeteken word sodat dit nie meer 'n gebruiker weerspieël wat individueel geïdentifiseer kan word of na só 'n gebruiker verwys nie.

IP-adres

Elke toestel wat aan die internet gekoppel is, word voorsien van ’n nommer wat bekend staan as die internetprotokol- (IP-) adres. Hierdie nommers word gewoonlik in geografiese blokke toegewys. ’n IP-adres kan dikwels gebruik word om die ligging waarvandaan ’n rekenaar aan die internet koppel, te identifiseer.

Pixelmerker

'n Piekselmerker is 'n soort tegnologie wat op 'n webwerf of in die teksgedeelte van 'n e-pos geplaas word met die doel om sekere aktiwiteit na te spoor, soos kyke van 'n webwerf of wanneer 'n e-pos oopgemaak word. Piekselmerkers word dikwels saam met webkoekies gebruik.

Persoonlike inligting

Dit is inligting wat jy aan ons verskaf wat jou persoonlik identifiseer, soos jou naam, e-posadres of faktureringinligting of ander data wat Google op billike wyse aan sulke inligting kan koppel, soos inligting wat ons met jou Google-rekening assosieer.

Sensitiewe persoonlike inligting

Dit is ’n spesifieke kategorie van persoonlike inligting wat verband hou met onderwerpe soos vertroulike mediese feite, ras- of etniese oorsprong, politieke of geloofsoortuigings of seksualiteit.

Bediener-loglêers

Soos die meeste webwerwe, registreer ons bedieners outomaties die bladsyversoeke wat gemaak word as jy ons werwe besoek. Hierdie “bedienerloglêers” sluit gewoonlik jou webversoek, internetprotokol-adres, blaaiertipe en -taal, die datum en tyd van jou versoek en een of meer webkoekies in wat jou blaaier uniek kan identifiseer.

'n Tipiese loglêerinskrywing van 'n soektog na “motors” lyk soos volg:

123.45.67.89 - 25/Mar/2003 10:15:32 -
http://www.google.com/search?q=cars -
Firefox 1.0.7; Windows NT 5.1 -
740674ce2123e969
  • 123.45.67.89 is die internetprotokol-adres wat die gebruiker se internetdiensverskaffer aan die gebruiker toegeken het. Afhangend van die gebruiker se diens kan die gebruiker se diensverskaffer elke keer wanneer hulle aan die internet verbind 'n ander adres aan hulle toeken.
  • 25/Mar/2003 10:15:32 is die datum en tyd van die navraag.
  • http://www.google.com/search?q=cars is die URL wat versoek is, insluitend die soeknavraag.
  • Firefox 1.0.7; Windows NT 5.1 is die blaaier en bedryfstelsel wat gebruik word.
  • 740674ce2123a969 is die unieke webkoekie-ID wat aan hierdie bepaalde rekenaar toegeken is toe dit Google vir die eerste keer besoek het. (Gebruikers kan webkoekies uitvee. As die gebruiker die webkoekie op die rekenaar uitgevee het nadat hulle Google laas besoek het, sal dit die unieke webkoekie-ID wees wat aan hul toestel toegeken word die volgende keer wanneer hulle Google op daardie bepaalde toestel besoek.)

Unieke identifiseerers

'n Unieke identifiseerder is 'n string karakters wat gebruik kan word om 'n blaaier, program of toestel uniek te identifiseer. Verskillende identifiseerders wissel in terme van hoe permanent hulle is, of gebruikers hulle kan terugstel, en hoe toegang tot hulle gekry kan word.

Unieke identifiseerders kan vir verskillende doeleindes gebruik word, insluitend vir sekuriteit en bedrogbespeuring, om dienste soos jou e-posinkassie te sinkroniseer, om jou voorkeure te onthou, en om gepersonaliseerde advertensies te verskaf. Byvoorbeeld, unieke identifiseerders wat in webkoekies gestoor word, help werwe om inhoud in jou voorkeurtaal in jou blaaier te wys. Jy kan jou blaaier opstel om alle webkoekies te weier of om aan te dui wanneer 'n webkoekie gestuur word. Kom meer te wete oor hoe Google webkoekies gebruik.

Op ander platforms as blaaiers word unieke identifiseerders gebruik om 'n spesifieke toestel of program op daardie toestel te herken. Byvoorbeeld, 'n unieke identifiseerder soos die reklame-ID word gebruik om relevante reklame op Android-toestelle te bied en kan in jou toestel se instellings bestuur word. Unieke identifiseerders kan ook deur 'n toestel se vervaardiger by 'n toestel geïnkorporeer word (soms 'n universeel unieke ID of UUID genoem), soos 'n selfoon se IMEI-nommer. Byvoorbeeld, 'n toestel se unieke identifiseerder kan gebruik word om ons diens vir jou toestel te pasmaak of om toestelkwessies te ontleed wat met ons dienste verband hou.

Google-programme
Hoofkieslys